×
Skakel na Engels

Hoekom e-pos die grootste bydraer tot stres is

E-pos kan sleg vir jou gesondheid wees. Deur Yusrah Julius

’n Opname wat die Future Work Centre in Brittanje gedoen het, het onthul dis nie hoeveel e-pos jy kry wat jou laat stres nie, maar hoe jy jou inboks bestuur.

Navorsers het ’n ondersoek gedoen van 2 000 mense in ’n verskeidenheid industrieë, sektore en poste in Brittanje oor hul ervaring van die gebruik van e-pos en gekyk of faktore soos tegnologie, gedrag, demografie en persoonlikheid ’n rol in mense se persepsie van e-pos-druk gespeel het.

Die resultate het getoon dat die deelnemers wat e-pos die nuttigste gevind het, ook die hoogste vlakke van e-pos-druk getoon het. “Ons navorsing toon dat e-pos ’n tweesnydende swaard is,” sê dr. Richard MacKinnon, wat deel van die navorsingspan was. “Hoewel dit ’n waardevolle kommunikasiemiddel is, is dit duidelik dat dit vir baie van ons ’n bron van stres of frustrasie is. Die gewoontes wat ons ontwikkel, die emosionele reaksies wat ons daarop het om boodskappe te skryf en die ongeskrewe organisatioriese etiket rondom e-pos word ’n toksiese bron van stres wat ’n negatiewe invloed op ons produktiwiteit en welstand kan hê,” sê MacKinnon.

Maar wat doen ons verkeerd? MacKinnon deel sy wenke oor hoe om van daardie slegte gewoontes ontslae te raak:

  • Moenie jou e-pos heel eerste soggens of saans voordat jy gaan slaap lees nie.
  • Beplan jou dag en prioritiseer jou werk voordat ander mense se prioriteite jou inboks oorstroom.
  • Oorweeg dit om opdienkennisgewings (push notifications) en/of jou e-pos-app vir gedeeltes van die dag af te skakel en beheer só wanneer jy e-pos ontvang.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
E-pos-etiket

Of dit nou werkverwant of persoonlik is, om die aanslag en inhoud van ’n e-pos reg te kry kan soms...

Close