- Onbetroubare inligting.
“Hoewel die internet ’n baie nuttige hulpbron kan wees, is dit heeltemal ongereguleerd en mense kan skrikwekkende aansprake daarop maak. As ’n reël is kure wat te goed klink om waar te wees gewoonlik presies dit. As jy dus inligting vir jou dokter uitdruk, sal hy/sy eers moet vasstel hoe betroubaar die navorsing is en of dit deur ander dokters geëvalueer is,” sê dr. Sarah Jarvis.
- Selfdiagnosering.
Moenie besluit wat jy makeer nog voordat jy dokter toe gaan nie. Dokters kan nie agteruit werk nie – hulle moet weet wat jou simptome is voordat hulle die probleem kan identifiseer.
- Die groot onthulling …
… wanneer jy inligting aan die einde van jou konsultasie meedeel. “Ek verkies dat pasiënte eerlik is oor wat hulle aanlyn gevind het pleks van dit te hou tot aan die einde van hul tien-minute-afspraak wanneer daar nie genoeg tyd is om dit behoorlik te bespreek nie,” sê dr. Anne-Marie Cunningham.