×
Skakel na Engels

Hoekom die koningin twee verjaardae het

Nog ’n rede om partytjie te hou!

Op 21 April 2016 het koningin Elizabeth II 90 jaar oud geword. Maar op Saterdag 11 Junie sal die monarg se verjaardag vir die tweede keer gedenk word. Dis reg, behalwe dat sy al die swane in Engeland besit, is nog ’n voordeel van die koninklike werk hierdie dubbele viering.

Hoekom? Dit is ’n tradisie wat terugdateer na die bewind van koning George II en dit gaan eintlik oor die Britse weer.

Koning George is in November gebore, wat nie die beste tyd van die jaar is om ’n buitelug-verjaardagparade in Engeland te hou nie. Hy het dus ’n tweede “amptelike” verjaardag in die lente gekry, wanneer die son met ’n bietjie geluk sou skyn.

Sedertdien kon die Britse heerser ’n tweede verjaardag in die somer hê, en dit is hoekom die koningin daarop geregtig is om twee maande ná haar eintlike geboortedag ’n viering te hou.

En dis ’n deftige gedoente. Elke Junie gaan die koningin se amptelike verjaardag gepaard met die Trooping the Colour-parade, ’n gesaghebbende militêre geleentheid met wagte van die huishoudelike afdeling. Die koningin inspekteer dan haar troepe voordat sy en die res van die koninklike familie die militêre vliegvertoning van die balkon van die Buckingham-paleis af besigtig.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
11 goed wat jy nie van koningin Elizabeth II geweet het nie

Brittanje se monarg met die langste bewind is blykbaar ook ’n tawwe Tienie. Deur Emma Dibdin

Close