×
Skakel na Engels

Hoe sterre op ’n gesonde manier gewig verloor

Daar’s ’n rede dat sterre vinnig hul figuur terugkry nadat hulle ’n baba gehad het (of ’n ruk lank ongesond geëet het). Hulle volg dié praktiese raad van hul dieetkundiges

GEHEIM #1:

 

Stadig met die alkohol, sê die dieetkundige Haylie Pomroy, wat met onder andere Jennifer Lopez en Reese Witherspoon werk.

“As jy gewig probeer afskud of dit wil handhaaf, probeer om nie planne te maak wat behels dat jy meer as twee keer ’n week alkohol drink nie. As jy wel iets gaan drink, vermy drankies met kafeïen, want alkohol en kafeïen saam vertraag jou metabolisme aansienlik. Jy kan wyn drink óf eet nagereg eet, maar nie al twee nie.”

 

 

GEHEIM #2:

 

Stel jou liggaam se beheerknoppies terug na nul, sê Harley Pasternak, die skrywer van The Body Reset Diet (Simon & Schuster), wie se kliënte Jessica Simpson en Megan Fox insluit.

“Kliënte sal my bel terwyl hulle toer en sê: ‘Ek voel opgeblaas en my metabolisme is stadig. Ek kort iets om my te help gesond eet.’ Dan volg hulle die eerste fase van my hersteldieet, wat vyf dae duur. Jy drink drie smoothies per dag, alles met proteïen, vet en vesel. (Kry die resepte hier.) Omdat jou hoofmaaltye vloeistof is, kan jy twee peuselhappies van 600 kJ eet.”

 

 

GEHEIM #3:

 

Suiwer jou liggaam op ’n gesonde manier, says Christine Avanti, wie se kliënte Giuliana Rancic en Chelsea Handler insluit. “Al my bekende kliënte sê my detoks-tee is ál wat werk. Dit bevat gemmer, wat jou langer versadig laat voel, en kaneel, wat jou bloedsuikervlakke stabiliseer en jou help om gewig af te skud. Dis nie ’n towerdrankie nie – jy moet steeds reg eet.”

 

DETOKS-TEE

85 g vars gemmer, geskil en in skyfies gesny

3 perdeblomwortel-teesakkies(dandelion)*

3 melkdissel–teesakkies (milk thistle)*

2 kaneelstokkies

1⁄4 t cayennepeper

2 e vars suurlemoensap

* Teeblare by uitgesoekte gesondheidswinkels in Suid-Afrika beskikbaar.

Plaas die gemmer en 5 koppies water in ’n kastrol. Laat kook vir 1 minuut. Verwyder van die hitte. Voeg die teesakkies, kaneel en cayennepeper by. Bedek en laat trek vir 15 minute. Giet deur ’n sif in ’n beker en voeg suurlemoensap by. Drink ’n koppie warm tee en hou die res in die yskas sodat jy dit later as ystee kan geniet.

 

 

GEHEIM #4:

 

Oppas vir “goeie vette”, sê Kimberley Snyder, wat met Drew Barrymore werk. “Om vinniger te verslank sê ek vir die bekendes met wie ek werk om versigtig te wees vir olie. Dit bevat ’n verstommende 500 kJ en 14 g vet per eetlepel! My gunsteling-wenk: Soteer jou kos deur die hitte te verlaag en gebruik eerder groente-aftreksel. Jy hoef nie heeltemal sonder olie klaar te kom nie, maar probeer minder gebruik.”

 

Woorde: Courtney Rubin

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 dieetvriendelike snoephappies

Hierdie snoephappie-gunstelinge smaak net so goed uit jou kantoorlaai of handsak – teen ’n figuurvriendelike 530 kJ of minder

Close