×
Skakel na Engels

Hoe skoon is jou huis?

Hoewel dit byna onmoontlik is om jou hele lewe kiemvry te hou, kan jy redelik maklik van die meeste van die kieme in jou huis ontslae raak

Hoewel dit byna onmoontlik is om jou hele lewe kiemvry te hou, kán jy redelik maklik van die meeste van die kieme in jou huis ontslae raak.

 

Dis grieptyd en jy wil jou gesin graag gesond hou. ’n Onlangse studie het getoon dat goeie higiëne tesame met die gebruik van produkte soos antibakteriese seep, oppervlakontsmettingsmiddels en kiemwerende vloeistowwe soos Dettol siektes met tot 75% kan verminder.

 

Probeer gerus dié wenke om jou gesin te beskerm én twee van die vertrekke in jou huis wat seker die meeste gebruik word, kiemvry te hou:

 

Basta met badkamerkieme

Jý is dalk silwerskoon nadat jy in die bad geweek het, maar dit geld nie vir jou badkamer nie. ’n Badkamer is die ideale broeiplek vir kieme, want dis warm, vogtig en deurtrek met al die kieme wat óns agterlaat. Maak jou badkamer daagliks vlugtig skoon deur die wasbakke, toonbankoppervlakke, mure en toilet met ’n ontsmettingsmiddel te reinig. Studies het getoon dat jy só 80% van alle maaggriepinfeksies, soos naarheid en diarree, kan stopsit.

 

Hou jou kombuis kiemvry

Dis wel ’n goeie begin om voordat jy begin kosmaak, jou kombuistoonbanke met ’n ontsmettingsmiddel te reinig, maar die grootste sondaar wat kieme in jou kombuis versprei, is vadoeke en sponse. Week jou vadoeke gereeld in warm water waarin ’n ontsmettingsmiddel gegooi is. Sit ’n spons vir een minuut in die mikrogolfoond om met enige onsigbare kieme klaar te speel. Maak seker jy was jou hande voordat jy rou kos, veral rou vleis, hanteer, en gebruik afsonderlike kombuisgereedskap en snyborde vir vleis en vars produkte.

 

Vir meer inligting, besoek www.dettol.co.za of www.facebook.com/DettolSA 

 

Lees meer:

Maak self jou vereduvets in ’n kits skoon

Maak jou matras in ’n kits skoon

10 Gebruike vir koeksoda

Getoetste Produkte: Skottelgoedseep

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Goeie Huishouding- aanhalings

Druk gerus ons aanhalings uit of 'pin' hulle op Pinterest: pinterest.com/ghsouthafrica

Close