×
Skakel na Engels

“Hoe raak ek van die puisieagtige knoppies op my bo-arms ontslae?”

GH se skoonheidsghoeroe sif deur die nuutste tendense sodat jy op jou mooiste kan lyk én voel!
puisieagtige knoppies

Daardie irriterende wit knoppies wat dikwels agterop jou arms voorkom, word keratosis pilaris genoem en word veroorsaak deur die proteïen keratien wat in jou vel opbou. Hulle kan ook op ander dele van jou lyf voorkom en hulle is omtrent hardnekkig.

Ek beveel ’n tweeledige benadering aan: Gebruik ’n lyfafskilfermiddel wat glikol- en melksuur bevat in die stort om van dooie vel ontslae te raak en die knoppies te verminder. Vee saans met ’n tekstuurkorrigeringslappie met alfahidroksisuur, soos dié lappies van dr.dermal, oor die aangetaste deel om jou vel glad te maak.

Lees: Velskete: Wat is milia en hoe raak jy daarvan ontslae?

Probeer:

1. Optiphi Body Curve Body Foliant

Lees: 7 bekostigbare skoonheidsprodukte vir R170 of minder!

2. dr.dermal Texture Correction Pads

Lees: Wanneer moet jy jou grimeerkwaste was?

As jy nie ’n lyfafskilferingsmiddel het nie, gebruik dieselfde een as vir jou gesig:

Exuviance Triple Microdermabrasion Face Polish

Lees: Maklike maniere om jou vel in ’n kits op te kikker

Vra Juana: “Ek weet ek behoort daagliks sonskerm te dra, maar hoeveel is genoeg?”

Navorsing toon dat die meeste mense nie genoeg sonskerm aanwend nie! Die reël is sowat 2 mg sonskerm per vierkante sentimeter vel. Dit beteken jy moet min of meer ’n vol sopieglasie sonskerm aan blootgestelde dele aanwend. Jy behoort ’n teelepelgrootte hoeveelheid alleenlik aan jou gesig en nek aan te wend.

Lees: Sonskermmiddels: Moenie hierdie 4 plekke vergeet nie!

GH kies:

1. Clarins UV Plus Anti-Pollution Day Screen Multi-Protection SPF 50

Lees: 12 wenke vir ’n platter magie sonder oefening of dieet

2. La Roche-Posay Anthelios XL  Ultra Light 50+ Tinted Fluid

FOTO: iStock/andresr

LEES OOK:

5 redes om ’n organiese sonskermmiddel te kies

Jou GH-winterskoonheidspalet

Kasterolie: Die wonderproduk in jou skoonheidsarsenaal

Hoekom essensiële olies deel van jou skoonheidsroetine behoort te wees

Skoonheidskopies: Nuut op die raak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief