×
Skakel na Engels

Hoe om van donker vlekke op jou vel ontslae te raak

Gee donker vlekke die trekpas
Hoe om van donker vlekke op jou vel ontslae te raak

Donker vlekke, ook bekend as sonvlekke, is klein tot medium plat, donker merkies op die vel of ’n versameling melanien wat deur blootstelling aan UV-strale veroorsaak is. Hulle maak gewoonlik hul verskyning wanneer ons ouer raak en word meestal op ons gesig, hande en skouers aangetref.

Weens ons klimaat is daar baie Suid-Afrikaners wat hierdeur geraak word. Moenie moed verloor wanneer jy hulle sien nie; daar is maniere om hulle ligter te maak mits jy vinnig optree en die regte produkte gebruik. Dis hoe:

Sonskerm

Dit is soos hulle sê: Voorkoming is beter as genesing. Maak dus seker dat jy daagliks ’n sonskermmiddel van ’n hoë gehalte aanwend om te keer dat jy in die eerste plek donker vlekkies kry en te voorkom dat dié wat reeds daar is, meer sigbaar word.

Topbestanddele

Die beste velsorgbestanddele vir die bekamping van donker vlekke is vitamien C en retinol. Gelukkig is albei taamlik algemeen en is daar produkte wat albei bevat. Lees dus jou bestanddelelys en voeg hierdie produkte by jou skoonheidsarsenaal.

Lees: 6 algemene mites oor retinol ontbloot

Verheldering

Wanneer dit by serum kom, wat hopelik reeds deel van jou daaglikse roetine uitmaak, beveel ons aan dat jy een kies wat verhelderend inwerk. Dit sal help om enige bestaande vlekkies te behandel, en terselfdertyd voorkom dat nuwes ontwikkel.

Volledige dekking

Dit voel dalk asof donker vlekke oornag hul verskyning maak, maar glo ons, dit neem heelwat voordat hulle verdwyn! Terwyl jy hulle met verskeie produkte behandel, kan jy die vlekkies verbloem deur ’n onderlaag te gebruik wat volledige dekking bied.

Lees: Kies die beste onderlaagformule

Besoek ’n kundige

Selfs as dit met goeie tuisprodukte behandel word, is daar soms vlekke wat nie wil bes gee nie, en dís wanneer ’n besoek aan ’n dermatoloog jou beste opsie is. Hy of sy sal ’n chemiese afskilfering kan doen of lasersessies bied wat velverkleuring op ’n veilige en maklike manier behandel.

FOTO: iStock/simarik

LEES OOK:

Probleme met pigmentasie?

Laat jou hande jonger lyk

3 truuks vir ’n gladder vel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 vlekverwyderaars wat elke huishouding moet hê

Vlek? Watter vlek? Voeg dié nuttige artikels by jou vlekverwyderingsarsenaal

Close