×
Skakel na Engels

Hoe om te keer dat jy jou ooreet tydens aandete

Eet jy heeldag gesond, maar swig dan saans vir hoëkilojoule-lekkernye? Jy kan keer dat dit gebeur

 

 

Probeer ’n hoëproteïen-ontbyt

In ’n studie het mense wat eiers, vleis of vis vir ontbyt geëet het meer versadig gevoel en minder kilojoules ingeneem as dié wat ontbytvlokkies gekies het. Proteïen en vet hou honger in bedwang en maak jou meer versadig as koolhidrate.

 

Hier is ’n paar hoëproteïenkeuses met minder as 1 256 kilojoules:

 

2 roereiers op 1 sny roosterbrood

 

Melkskommel met 300 ml afgeroomde melk, 150 g laevet-jogurt en 125 g bessies

 

120 g gerookte skelvis met spinasie en 1 geposjeerde eier

 

50 g gerookte salm met 1 roereier op ’n halwe bagel

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Koffie vs. tee

Wie sou kon raai dat jou geliefkoosde warm drankie in die voorste linie teen depressie, kanker en talle ander siektes...

Close