×
Skakel na Engels

Hoe om te keer dat jou maskara smeer

Los “panda-oë” vir die pandas!
Hoe om te keer dat jou maskara smeer

Of jy nou lang of kort wimpers het, gesmeerde maskara bly een van die algemeenste grimeer-“ongelukkies”. Wat dit veral frustrerend maak, is die feit dat dit gewoonlik een van die laaste produkte is wat aangewend word en dat dit die noukeurigheid waarmee jy jou oogskadu aangewend het, kan ruïneer, wat beteken dat jy van voor af moet begin. Hier is ’n paar flatervrye wenke om maskara-aanwendig ’n minder morsige storie te maak.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Begin onder

Selfs al besluit jy om jou oogskadu vir ’n natuurlike ooglid te verruil, behoort jy ’n ooglid-onderlaag aan te wend om te voorkom dat maskara smeer. Die rede is dat dit die oortollige olie – ’n groot sondaar wanneer dit by gesmeerde grimering kom – op jou ooglede absorbeer en voorkom dat dit deur die loop van die dag olierig raak. 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Bly net daar

Formules waar die maskara elke wimper afsonderlik omvou (tubing mascara), was so ’n dekade gelede groot nuus en het sedertdien van sy gewildheid verloor, maar dit is ’n wonderlike opsie vir dié van ons wie se maskara geneig is om te smeer. Dit bedek die wimpers met polimere wat met taamlike inspanning verwyder word, maar dit beteken dat dit ernstige houkrag het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lees: 9 onbekende feite oor maskara

3. Volpunte

Alhoewel waterdigte maskara nie op sigself sleg is nie, kan die gevryf om dit aan die einde van die dag af te kry veroorsaak dat van jou wimpers uitval. Gebruik dit eerder strategies deur jou waterdigte maskara of bolaag net op die punte van jou wimpers aan te wend. Sodoende sal dit makliker afkom.

 

 

 

 

 

 

 

 

4. Wag ’n minuut

Dié stap gaan dalk ’n bietjie oefening vereis, maar dit is die belangrikste een indien jy ’n chroniese “smeerder” is. Nadat jy maskara aangewend het, moet jy jou ooglede half-oop hou en vir minstens ’n minuut nie knip nie sodat die formule kan droog word. (Moenie jou oë te groot oopmaak of heeltemal toemaak nie.) Dit sal voorkom dat jou maskara aan die vel bo en onder jou oë afkom en verseker ’n volmaakte afwerking.

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Grimeerwenke wat jy móét probeer

Die 9 grootste foute wat jy met maskara maak

3 Grimeerwenke vir die besige vrou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Velsorg: Pak dít in wanneer jy vir werk of plesier weggaan

Jy hoef nie jouself af te skeep nie, maar jy wil jou nie dood dra nie ...

Close