×
Skakel na Engels

Hoe om sweterige voete te keer

Niemand het tyd vir klam voete enige tyd van die jaar nie. Deur Catriona Harvey-Jenner
sweterige voete

 

Dit kan op die beste tye ongerieflik wees om erg te sweet, maar wanneer jou voete sweet, raak dit selfs meer stresvol. Want niemand wil hê hul perfek gemanikuurde tone moet met stinkerige voete gepaardgaan nie, of hoe?

Maar Dina Gohil, ’n voetheelkudige van Londen in Brittanje, verduidelik daar is eintlik ’n goeie rede hoekom jou voete sweet. “Die hoogste konsentrasie sweetkliere kom in ons voete voor,” sê sy. “Die natuurlike doel van sweetkliere is om vog aan die vel te verskaf wat verdamp en ons help om af te koel. Dis ons liggaam se manier om ons liggaamstemperatuur te reguleer.”

Dit het dus ’n doel, maar dit beteken nie dis nie irriterend en soms ’n verleentheid nie. Dina deel ’n paar maklike maniere om te keer dat jou voete oormatig sweet.

1. Belê in leerskoene

Ja, dis duurder, maar jou voete sal jou bedank omdat dit koel en droog bly. Dina verduidelik dat leer ’n deurlugbare en buigsame materiaal is wat veel beter vir jou voete is as kunsleer- of plastiekskoene wat nie belugting toelaat nie en die sweet in die skoen vasvang en ’n warmer omgewing vir die voete skep.

Lees: Vinnige, maklike stappe om jou leerskoene te beskerm

2. Los ’n bietjie ruimte

Is jou skoene die regte grootte? “As jou skoene te styf sit, kan dit jou tone opmekaar druk en nie genoeg plek vir beweging laat nie,” sê Dina. Dit beteken lug kan nie die tone en voete afkoel nie en dit verhoog die waarskynlikheid van sweterige voete.

3. Wissel jou skoene af

Ons weet jy kan geheg raak aan skoene wat gemaklik én mooi is, maar gee jou voete elke nou en dan ’n blaaskans. “Dis raadsaam om deur die week verskillende pare skoene te dra sodat dit kan lug kry,” sê Dina. Dit sal nie net help keer dat jou voete sleg ruik nie, maar ook “die waarskynlikheid verminder dat jy swaminfeksies ontwikkel”.

4. Dra seisoenale sokkies

“Maak seker dat die sokkies wat jy dra gepas is vir die omgewing/weer/aktiwiteit waarmee jy besig is,” sê Dina. “As jy heeljaar dikker sokkies dra, sal dit nie help om sweet in die warmer seisoene te verminder nie. Dra ook elke dag skoon sokkies en maak seker dis van ’n goeie, deurlugbare sintetiese mengsel.”

Lees: 6 redes om jou ou skoenbokse te bêre

5. Gebruik voetdeodorant

Dit klink nie vreeslik verleidelik nie, maar dit kan dieselfde verskil maak as aan jou armholtes. As jy nie ’n voetdeodorant het wat sommer net rondlê nie (wie het?), kan jy ná jou daaglikse bad of stort ontsmettingsalkohol met watte op droë voete en tussen jou tone aanwend,” sê Dina.

6. Bly gehidreer

Dis eenvoudig. “Om baie water te drink is nog ’n goeie manier om die waarskynlikheid van sweterige voete te verminder. Wanneer jou liggaam behoorlik gehidreer is, is dit makliker om liggaamstemperatuur te reguleer en sal jy dus minder geneig wees om soveel te sweet,” verduidelik sy.

Van: goodhousekeeping.co.uk

Foto: iStock/ValuaVitaly 

LEES OOK:

10 feite oor menopouse

Hoe om jou somerklerekas by kouer weer aan te pas

10 pare skoene wat elke vrou behoort te hê

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 briljante Instagram-koekiebakkers

Of jy nou ’n suikertand het, graag bak of dit bloot geniet om die kosfoendi’s op Instagram te volg, hierdie...

Close