×
Skakel na Engels

Hoe om stinkerige skoolsakke skoon te maak

Laat onwelriekende kossakke of rugsakke in vier maklike stappe lekker ruik
stinkerige skoolsakke

Vind uit hoe Melissa Maker, aanbieder van Clean My Space op YouTube, rugsakke en kossakke altyd vars laat ruik:

1. Gaan die materiaaletiket na

As daarop staan dat dit masjienwasbaar is, gebruik koue water op die ligte siklus. (Rits alles toe en haal alles af wat daaraan vasgespeld is, asook verwyderbare bande, of was dit in ’n maaswasgoedsak.) As dit nie masjienwasbaar is nie, gebruik warm water, ’n sagte spons en wasgoedseep.

2. Raak van vlekke ontslae

Gebruik ’n vlekverwyderaar of, vir taai vuiligheid, week die hele ding in Vanish Power 02 Crystal White Powder vir ’n uur of twee. Skrop vlakke op die plastiek aan die binnekant van ’n kossak met ’n pasta van koeksoda en water.

Lees ook: 

3. Vermy die tuimeldroër

Hierdie sakke behoort op ’n wasgoedlyn opgehang te word. Vars lug help boonop om van reuke ontslae te raak.

4. Hou reuke uit

Plaas ’n tuimeldroër-versagterblaadjie onderin, of, as die reuk te sterk is, los ’n stuk koerantpapier wat met water en vanielje-ekstrak gespuit is oor die naweek onderin die sak as dit nie lekker ruik nie. Wanneer jy die papier uithaal, sal die sak so lekker soos koekies ruik.

WENK:

Onwelriekend, maar nie tyd om te skrop nie? Plaas ’n oop boks koeksoda oornag onderin die rugsak. Dit sal vir jou tyd koop totdat jy tyd het om dit te was. Op daardie noot, koeksoda is regtig ’n wonderwerker. Hier is 20 huishoudelike gebruike vir hierdie spensstaatmaker. 

Het jy ’n paar minute? Probeer ons beproefde, getoetste wenke oor hoe om alles van jou Tupperware tot jou blindingsmikrogolf en vere-duvet blitsig skoon te maak.

FOTO: iStock/monkeybusinessimages

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dis maklik om ’n gesonde middagete vir jou kinders in te pak

Die geheim is verskeidenheid!

Close