×
Skakel na Engels

Hoe om reg te eet

Daar is eet, en dan is daar éét! Voedingkundiges by die Harvard-skool van openbare gesondheid in die VSA het met die Healthy Eating Plate vorendag gekom – ’n metode om ’n goed-gebalanseerde maaltyd te eet wat jou welsyn sal bevorder. Hier is wat jy moet kies:

Groente Eet ’n verskeidenheid, maar pasop vir aartappels, want dit kan jou bloedsuikervlakke op kort termyn laat styg en op lang termyn lei tot gewigstoename en hartsiektes.

Vrugte Kies elke dag uit ’n keur van reënboogkleurvrugte.

Volgrane Eet volgrane soos hawermout, volgraanbrood en bruinrys.

Gesonde proteïene Kies vis, pluimvee, boontjies of neute. Beperk rooivleis en sny verwerkte vleis heeltemal uit.

Gesonde olies Gebruik plantolies (olyf of kanola), omdat dit skadelike cholesterol verminder. Beperk botter en transvette.

Water Drink water, tee of koffie (met min of geen suiker nie). Beperk melk, suiwel en sap, en sê nee vir gaskoeldrank.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Koffie vs. tee

Wie sou kon raai dat jou geliefkoosde warm drankie in die voorste linie teen depressie, kanker en talle ander siektes...

Close