×
Skakel na Engels

Hoe om ovaalkwaste vir ’n vlekkelose afwerking te gebruik

’n Professionele kwas vir ’n professionele afwerking
Ovaalkwaste

As jy iets van ’n skoonheidslaaf is – en selfs al is jy nie – moes jy al foto’s of video’s van mense gesien het wat ovaalkwaste gebruik om hulle onderlaag aan te wend. Dié grimeergereedskap lyk anders as die standaard borseltjies en kwaste waaraan ons gewoond geraak het, en kan ingewikkeld voorkom – soos iets wat ’n professionele grimeerkunstenaar uit sy tassie optower. Dis egter vinnig besig om onder grimeerkunstenaars én beginners gewild te raak, en dit kan jou voorkoms ’n gawe hupstoot gee. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Ovaalkwaste lyk ’n bietjie soos ’n kombinasie van ’n haarborsel en lepel. Dit bestaan uit duisende haartjies – veel meer as wat jy by ’n gewone kwas sal kry – en dit maak dit digter en die resultate heelwat egaliger. Dit beteken dat dit baie makliker is om jou grimering met só ’n kwas as met ’n gewone een volmaak in te skakeer. Ovaalkwaste kom in stelle wat kwassies vir oogskadu en blosser insluit. Dit verleen ’n sygladde afwerking sonder om enige sigbare lyntjies te laat. 

Lees ook: Kies die regte kleur onderlaag

Hoe gebruik jy dit?

Alhoewel ovaalkwaste nogal tegnies lyk, is dit verbasend maklik om te gebruik. Jy wend jou grimering net soos gewoonlik aan. Nadat jy ’n klein hoeveelheid onderlaag op jou neus, ken, wange en voorkop getik het, gebruik jy jou kwas om die produk in ligte sirkelbewegings oor jou gesig in te skakeer.

Dit sal ’n egalige, vlekkelose voorkoms verseker. Jy kan jou dekking ook opbou deur die proses te herhaal. Dis die ideale manier om ’n afwerking vir ’n natuurlike óf dramatiese voorkoms te skep, nes jy verkies. Professionele resultate sonder enige ervaring – wat meer wil jy hê?!

FOTO: iStock/Ridofranz

LEES OOK:

Gebruik só huishoudelike produkte om jou grimeerkwaste skoon te maak

3 grimeerwenke vir die besige vrou

Die 10 algemeenste onderlaagfoute wat vroue maak – en hoe om dit te vermy

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat is gesigsproei en hoe kan jou vel daarby baat?

Sproei jouself beeldskoon!

Close