×
Skakel na Engels

Hoe om op jou beste op foto’s te lyk

Raak jy senuweeagtig wanneer jy ‘n kamera sien? Probeer hierdie wenke om op jou beste op foto’s te lyk.
foto's

Om afgeneem te word is vir baie mense ‘n senutergende gedoente. Jy weet dalk wat jou beste hoek is en dat jy jou ken moet lig, maar as jy régtig op jou beste op die volgende personeel- of strooimeisiefoto wil lyk, stel ons voor dat jy hierdie wenke vir die vleiendste, uitstalwaardige foto beproef.

Berei jou vel ordentlik voor vóórdat jy grimering aanwend

Dit sal nie net ‘n egalige aanwending en ekstra houkrag verseker nie, maar sal vlekke en vlokkerigheid verdoesel. Indien jy ‘n droë vel het: Skilfer af, bevogtig en wag dan ‘n paar minute terwyl dit geabsorbeer word voordat jy jou onderlaag aanwend. As jou vel olierig is: Gebruik kladpapier om van blinkheid ontslae raak.

Topwenk: Vryf saggies met jou nat tandeborsel oor jou lippe en seël met lipbalselm. Dit sal sorg dat jou lipstiffie langer aanbly.

Lees: Doen dit self: Hoe om jou kopvel af te skilfer

Gebruik jou onderlaag spaarsamig

As jy nie normaalweg onderlaag dra nie, is dit onnodig om dit te gebruik net omdat jy op ‘n foto gaan wees. Dit is baie belangrik dat jy soos jouself voel, want dan sal jy ‘n natuurlike selfvertroue uitstraal wat op foto’s gaan wys. As jy wel onderlaag dra, moet jy ekstra seker maak dat dit baie egalig teen jou neklyn inskakeer.

Lees: Hoe om jou onderlaag professioneel aan te wend

Gebruik oogdruppels

Hierdie kunsie is ‘n gunsteling onder beroemdes en televisieaanbieders. Rooi oë kan ‘n foto ruïneer; hou dus ‘n botteltjie in jou handsak en dokter jou oë met ‘n paar druppels voor jou fotosessie of geleentheid.

Blosser vir buite

Vir buiteluggeleenthede soos troues en familiebyeenkomste beveel ons aan dat jy jou verbronser neersit en blosser gebruik om ‘n varser voorkoms te skep. Die sleutel tot ‘n natuurlike voorkoms: Wend eers ‘n room en dan jou poeier aan (anders lyk dit oneweredig). ‘n Roomblosser (‘n lipstiffie sal heeltemal goed werk) gee jou vel ‘n natuurlike blos terwyl ‘n poeierblosser bo-oor dit perfek sal laat set.

Lees: Hoe om blosser korrek aan te wend

Fokus op jou wenkbroue en lippe

Voorkom ‘n uitgewaste voorkoms deur jou wenkbroue in te kleur en ‘n subtiele spatsel kleur op jou lippe aan te wend. ‘n Sagte aanwending lyk pragtig op foto’s; hou jou hand dus veerlig terwyl jy jou wenkbroue invul. As jy nie een vir lipstiffie is nie, kan jy net ‘n veegsel kleur aanwend en jou lippe teen mekaar klad vir ‘n sagte blos.

Topwenk: Moet nooit weer oor lipstiffie op jou tande stres nie! Nadat jy jou gunsteling skakering aangewend het, steek ‘n vinger in jou mond en trek dit stadig uit. Hierdie tegniek raak van enige kleur ontslae wat op jou tande sou gaan sit.

Lees: Hoe om jou wenkbroue te vorm

Verfris jou gesig

Wanneer die fotograaf begin naderstaan, is dit tyd om enige olierigheid met ‘n gesigkladpapier op te klad en gou ‘n gesigsproei aan te wend. Gesigsproei is ‘n gunsteling onder grimeerkunstenaars, en dit verrig wondere om ‘n vel te rehidreer en grimering vars te laat lyk.

FOTO: iStock/martin-dm

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 dinge wat jou tiener wil hê jy nié op sosiale media moet doen nie

Noudat jy en jou kind "vriende" is, moet jy dalk meer op jou sosialemedia-etiket let

Close