×
Skakel na Engels

Hoe om na jou stewels om te sien

Volg hierdie wenke en verseker jou winterskoene van ’n langer leeftyd

 

 

Ons winterskoenekanmaar verslete en gehawend raak van nat weer en koue. Dis belangrik om goed na jou stewels om te sien, hulle ordentlik skoon te maak en hulle mooi te bêre soos wat jy ’n kosbare rok sou behandel.

 

 

Hier is ’n paar wenke oor hoe om jou stewels skoon te maak en reg na hulle om te sien:

 

Die eerste ding wat jy moet doen, is om vas te stel van watter materiaal jou stewels gemaak is, of dit nou ware leer, nagemaakte leer, rubber of suède  is.

 

 

Suèdestewels

 

Raak eers ontslae van vuilgoed deur die stewels met ’n droë lap af te vee. Jykanhardnekkige vlekke liggies met ’n amarilvyltjie afskuur. As die Suède se pool ’n bietjie plat lyk, probeer dit met ’n ou tandeborsel ‘roskam’.

 

 

Leerstewels

 

Gebruik ’n droë lap en skrop liggies enige vuilgoed van jou stewels af. Gebruik ’n ou tandeborsel om ritssluiters en some skoon te maak. As al die vuilgoed en sand af is,kanjy jou stewels met ’n olie- of waksproduk behandel. Gebruik ’n ou lap om die produk aan te wend en laat staan om droog te raak.

 

 

Blinkleerstewels

 

Raak ontslae van vuilgoed deur die stewels met ’n klam lappie af te vee. Verwyder hardnekkige vlekke deur jou stewels skoon te maak met ’n lap wat in plantolie gedoop is. Dit sal hulle sommer mooi laat blink ook.

 

 

Rubberstewels

 

Doop ’n klam lap in koeksoda en vryf jou stewels daarmee om enige vlekke te verwyder. Jykanweer ’n ou tandeborsel gebruik om die some en selfs die sole ordentlik skoon te maak.

 

 

Wenke om jou stewels hul vorm te laat behou:

 

1. Stoor hulle in hul oorspronklike verpakking of koop mooi skoendose.

2. Prop hulle vol ou koerante of tydskrifte. Jykanselfs ’n leë wynbottel in elke stewel sit om te keer dat dit ombuig en by die enkels knak of plooi.

 

Klik hier vir nog ’n artikel oor hoe om jou skoene skoon te maak.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vyf gebruike vir lemoenskille

Dink twee maal voordat jy dié skille sommer net weggooi. Daar is soveel goed waarvoor jy dit kan gebruik. Hier...

Close