×

Hoe om ’n video-oproep na Kersvader te maak

Só kan jy met Kersvader gesels en sy bewegings op Oukersaand dophou
kersvader

Daar is rêrig ’n app vir alles, en Kersvader is geen uitsondering nie. Ons het drie gekies wat ’n bietjie feestelike vreugde versprei en jou digitale jongspan besig en gelukkig sal hou …

 

Ontvang ’n video-oproep van Kersvader
Dit lyk asof Kersvader duisende se voorbeeld gevolg het en nou ook ’n slimfoon het en video-oproepe maak. Trouens, met behulp van die Video Call Santa-app (gratis by die Apple-appwinkel) kan iPhone-gebruikers nou hul eie oproep van Kersvader ontvang. Druk net Call Santa om ’n oproep te aktiveer.

Kersvader is hierdie tyd van die jaar vanselfsprekend baie besig, en daarom is dit ’n vooraf opgeneemde boodskap. Kleiner kinders sal waarskynlik maklik oortuig word dat hulle met Kersvader praat, maar die vreemde pouses in die gesprek sal ouer kinders laat vermoed dat alles nie pluis is nie. Aangesien dit ’n gratis app is, sal jy vir lief moet neem met ’n handvol advertensies vir speletjie-apps, maar dié verskyn nooit tydens ’n oproep nie – net daarvoor of daarna – en kan na ’n paar sekondes afgeskakel word. Die app het ook ’n afdeling net vir ouers (waarvoor ’n pinkode benodig word) waar jy na ’n opname van die video-oproep kan kyk – net om seker te maak dat die kinders nie jok oor hoe soet of stout hulle was nie!

Die gratis Video Santa-app bied dieselfde ervaring aan mense wat ’n Android-slimfoon het (hoewel daar nie ’n opneemfunksie is nie) en jy kan selfs ’n tyd reël waarop Kersvader jou kan skakel.

NORAD Santa-opspoorder
Wanneer dit by Oukersaand kom, wonder almal presies wanneer Kersvader sy opwagting gaan maak. Tot onlangs toe was dit onmoontlik, maar nou, danksy Google en NORAD (the North American Aerospace Defense Command), is dit moontlik om jou slimfoon te gebruik om Vader Kersfees se vordering vanuit die gerief van jou leunstoel dop te hou.

Die NORAD Santa-opspoorder is ’n gratis app vir Apple-toestelle met ’n iOS-bedryfstelsel, en Google Android-slimfone en -tablette. Op Oukersaand kan jy die app enige tyd oopmaak om Kersvader se ligging op ’n 3D-wêreldkaart te sien. In die tussentyd kan jy speletjies speel, ’n reis na die Noordpool onderneem om te gaan kyk waar Santa bly en selfs na NORAD se Kersvader-rekords kyk.

Stout- of soetlys
Wil jy uitvind of Kersvader dink dat jy soet of stout was? Die gratis app Santa’s Naughty or Nice Scan-O-Matic vir iPhone sal jou binnekort kan inlig. Of anders kan jy die vingerafdrukskandeerder gebruik. Druk op die tweepuntpyltjie links op die skerm en plaas jou vinger op die blokkie. Druk en hou jou vinger daar sodat jy geskandeer kan word. Die lesing sal op ’n meter boaan die skerm verskyn. (Wenk: Waar jy die herstelknoppie (reset button) druk, bepaal of jy soet of stout was.) Dit is ook beskikbaar vir toestelle met ’n Google Android-bedryfstelsel. Soek net na Santa’s Naughty/Nice Scanner in die Google Play-winkel.

Via: Good Housekeeping UK

Lees ook:

Selfdoen-dekorprojekte vir Kersfees saam met jou kinders

Mense is dol oor die glansryke mevrou Sinterklaas in die Marks & Spencer-Kersfeesadvertensie

Hoe om jou Kersuitgawes te beheer

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 van die jongste grimeertegnieke

Uit met die oue en in met vars, nuut en glansend!

Close