Doen dit self:
1. Wend bevogtiger aan en wag twee minute sodat dit kan intrek.
2. Tik verbloemer rondom jou neus en oë aan, asook op enige merke of rooi kolletjies.
3. Vryf ’n paar druppels onderlaag met jou vingerpunte, ’n sponsie of ’n onderlaagkwas aan. Daar is nie ’n regte of verkeerde manier om onderlaag aan te wend nie, maar dis belangrik dat jy dit heeltemal met jou vel inskakeer.
4. Wend ’n tikkie romerige blosser in ’n perskeskakering en ’n veeg vleeskleurige lipstiffie aan. Rond jou lippe met ’n bevogtigende lipbalsem af.