×

Hoe om ’n serp in die somer te dra

Hoe om ’n serp in die skouerseisoen te dra

Die oorgang tussen seisoene is altyd moeilik. Dit lyk dalk sonnig, maar daar kan ’n lastige koue luggie wees. Hoe besluit jy wat om aan te trek? Een manier om ’n aanpasbare uitrusting vir daardie tussenindae te hê is met ’n serp. Dit is dalk nie ’n tipiese lente-/somerbykomstigheid nie, maar daar is verskeie soorte serpe wat lig en lugtig is en net die regte hoeveelheid warmte en gemak bied, en boonop stylvol is.

Serpe kan saam met so te sê enige uitrusting gedra word om dit formeler of informeler te laat lyk. Hier is ons beste maniere om hierdie somer ’n serp te dra.

  1. Die krawat. Dit is waarskynlik die algemeenste manier om ’n syserp te dra. Dis ’n klassieke en sjiek manier om jou nek teen somerbriesies te beskerm.

Diggin' the sassiness of our new Lips Paisley Classic Skinny Scarf ? Available now on our #newarrivals page ?

A photo posted by DIANI Boutique (@dianiboutique) on

 

2. Draai bogenoemde styl om om die “agterstevoor-knoop” te skep en enige uitrusting modern te laat lyk. Dit het die effek van ’n stropdas wat nie aan die halslyn van die uitrusting raak nie.

#pinspired by the countless ways to up your #streetstyle game with a silk scarf ?

A photo posted by DIANI Boutique (@dianiboutique) on

 

3. Die serpbelt. Dit sal klassieke jeans opkikker vir ’n somerse gevoel.

 

4. Die bandana. ’n Westers geïnspireerde bandana is ’n informele en moeitelose manier om hierdie tendens te dra. Bind eenvoudig ’n bandana om jou nek – jy hoef nie te sukkel om ’n perfekte kantknoop te maak nie.

 

5. Die buikgord. As Audrey Hepburn jou stylikoon is, is hierdie een vir jou. Dis ’n glansryke manier om ’n syserp as bykomstigheid te dra en ’n mooi uurglasvorm te skep.

7. As jy avontuurlik voel, probeer iets heeltemal anders met die enkelserp.

Alternative idea…#silkscarf around ankle

A photo posted by Dead Famous Threads (@dead_famous_threads_jhb) on

 

Met al hierdie maniere om ’n serp te dra is dit geen wonder dat hierdie bykomstigheid al jare lank gewild is nie.

Lees nog oor mode

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die enigste sandale wat jy hierdie somer sal nodig hê!

Uitsonderlike gemak en gehalte.

Close