×
Skakel na Engels

Hoe om ’n selfversekerde dogter groot te maak

Die pa van Malala Yousafzai, wat as die gesamentlike wenner van die Nobel-vredesprys vir 2014 aangewys is, deel ’n kragtige boodskap vir ouers

 

 

Op net 17 jaar is Mala Yousafzai die jongste ontvanger van die Nobel-vredesprys tot nog toe. Die wêreld vier haar groot prestasie en loof haar moed en vasberadenheid in haar stryd teen die onderdrukking van kinders en jongmense en haar veldtog vir die reg op onderrig vir almal. Maar haar reis na haar opgang het begin met die onderrig en lewenslesse van haar pa, Ziaduddin Yousafzai.

“In baie [samelewings] ken seuns hul pa. Ek is een van die min pa’s wie se dogter hom ken en ek is trots daarop.”

Toe hy vroeër vanjaar op TED Talk verskyn het, het hy verduidelik dat “ ’n meisie in baie patriargale samelewings nie verwelkom word wanneer sy gebore word nie … nie deur haar pa óf ma nie. Op die ouderdom van vyf, wanneer sy skool toe behoort te gaan, bly sy by die huis … Wanneer sy 13 word, word sy verbied om die huis te verlaat sonder dat ’n man haar begelei … Sy word die sogenaamde eer van haar pa, broers en haar familie. As sy die kode van daardie sogenaamde eer oortree, kan sy doodgemaak word”. Maar toe Malala gebore is, het sy belewenis heeltemal verskil. “Ek het gegaan en in haar oë gekyk.  Ek het uiters geëerd [gevoel],” vertel hy. As aktivis vir onderrig bestuur hy ’n ketting skole waar hy “my meisie-studente die les van gehoorsaamheid afgeleer het. Ek het my seunstudente die les van sogenaamde pseudo-eer laat afleer.”

“Mense vra my wat is spesiaal omtrent my mentorskap wat Malala so sterk en dapper, welsprekend en gebalanseerd gemaak het. Ek sê vir hulle: ‘Moenie my vra wat ek gedoen het nie. Vra my wat ek nié gedoen het nie. Ek het nie haar vlerke geknip nie, en dis ál.’ ”

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief