×
Skakel na Engels

Hoe om ’n goeie (werk)fee te wees

Het jy baie kontakte en wil jou vriendin help om ’n werk te kry? Volg hierdie vier wenke

 

 

1. Sorg vir die aanvanklike kontak, maar laat jou vriendin dan die res doen.

 

 

2. Sluit ’n blinde afskrif (bcc) vir jou vriendin by die eerste e-pos in en moedig haar dan aan om daarna die leisels oor te neem. “Dit is beter dat sy self die werkgewer met haar belangstelling en inisiatief oortuig,” sê dr. Lois Frankel, medeskrywer van Nice Girls Just Don’t Get It: 99 ways to win the respect you deserve, the success you’ve earned, and the life you want (Crown Archetype).

 

 

3. Wees duidelik oor hoe goed jy haar ken. As jy slegs weet dat sy ’n intelligente en gemotiveerde mens is, wees eerlik daaroor. “Om ’n CV aan te stuur is nie dieselfde as ’n aanbeveling nie,” sê Devora Zack, skrywer van Networking for People Who Hate Networking: A field guide for introverts, the overwhelmed, and the underconnected (Berrett-Koehler Publishers). “Daar is niks mee verkeerd om te sê: ‘Ek weet nie veel van haar vaardighede nie, maar ek ken haar sosiaal en het gedink dit mag jou dalk van hulp wees as ek haar CV aanstuur.’ ” Dit vrywaar jou indien sy nie vir die werk geskik is nie.

 

 

4. Moenie skaam wees om ’n sterk bewoorde aanbeveling te doen nie. Indien iemand werklik perfek vir die werk is, hoef jy nie bang te wees om dit aan die groot klok te hang nie. ‘Maak dit duidelik dat sy werklik uitsonderlik is, en sê iets soos: “Ek beveel selde iemand aan vir ’n pos, maar sy is regtig ’n superster!”’ is Zack se raad. Sou sy dan perfek vir die pos wees, het jy die werwer én jou vriendin albei ’n guns gedoen.

 

Deur Holly Eagleson

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief