×
Skakel na Engels

Hoe om ’n blik sonder ’n blikoopsnyer oop te maak

Hierdie wenk is geniaal! Wie sou kon raai dat dit so maklik is?

Hierdie Video op YouTube is geplaas deur die Crazy Russian Hacker en wys jou hoe om ’n blik sonder ’n blikoopsnyer oop te maak. Dis fassinerend – en baie nuttig!

Hy het dit gelys as ’n Zombie-oorlewingswenk, maar vir ons sal dit waarskynlik nuttig wees as ons blikoopsnyer stukkend of in die skottelgoedwasser is, of wanneer ons blikkieskos saam werk toe neem.

Jy dink dalk dit verg baie spierkrag om ’n blikkie sonder ’n toestel oop te maak en dat die tuna oor die hele vloer gesaai sal lê, maar dis véél makliker as dit. Kyk self …

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om meer in ’n dag gedoen te kry

Dié tydbesparende webwerwe en apps werk hard sodat jy minder hoef te werk GEBORG DEUR CLINIQUE

Close