×
Skakel na Engels

Hoe om krapmerke van jou borde te verwyder

Jy het gevra: “My borde het lelike, donker krapmerke op. Hoe kan ek daarvan ontslae raak?”

 

 

Ons leefstylredakteur, Vicki Sleet, sê:

 

Dié merke is nie krappe in die glasuursel nie, dis metaal-“spore” wat agterbly wanneer eetgerei oor ’n getekstureerde oppervlak beweeg (selfs al kan ons nie die tekstuur sien nie).

Dit sal nie help om dit te probeer afskrop nie, maar jy kan die volgende doen:

Maak ’n pasta van drie tot vier eetlepels koeksoda en ’n ¼ koppie waterstofperoksied. Vryf die pasta met ’n mikroveseldoek op die merke op die borde. Spoel dit in baie warm water af en droog dit met ’n skoon vadoek af. Dít behoort die ding te doen.

 

LEES OOK:

Vicki deel haar blink raad vir juweliersware

Vra vir Vicki

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die wêreld se mooiste lugfilter

Die lug in jou huis wemel waarskynlik van gifstowwe afkomstig van skoonmaakprodukte, lugverkoeling en selfs meubels

Close