×
Skakel na Engels

Hoe om kontoergrimering soos ’n kenner aan te wend

Hierdie stappe sal kontoergrimering so maklik soos 1, 2, 3 maak.

 

Make up woman face. Contour and highlight makeup..

Getty Images

Jy is dalk lugtig vir kontoergrimering, veral wanneer jy aanlyn tutoriale kyk waarin daar so baie verskillende kleure is wat jy moet gebruik om die perfekte voorkoms te skep. Dit hoef nie ’n intense proses te wees nie, veral as jy dit elke oggend gaan doen. Jy het ’n verbloemer of aksentpoeier nodig, asook ’n verbronser om te kontoer.

Hier is die verskile tussen kontoer- en aksentgrimering:

Kontoer is wanneer jy ’n mat produk gebruik wat twee skakerings donkerder as jou normale veltoon is om dele soos jou ken, neus, voorkop en wangbene te skakeer.

Aksentuering, of strobing, is wanneer jy dele van jou gesig met ’n ligte verbloemer of aksentpoeier uitlig. Die proses versterk jou gelaatstrekke.

Stap 1: Aksentueer

Tik jou ligter verbloemer of aksentpoeier oor jou T-strook, wangbene en ken aan. Onthou om altyd aksentpoeier op die middel van jou neus aan te wend vir ’n verslankende effek.

Stap 2: Kontoer

Gebruik jou verbronser of donkerder skakering onderlaag om die bokant van jou voorkop, die basis van jou wangbene en die kante van jou neus te skakeer. Skakering gee jou gesig definisie en skep sterker gelaatstrekke.

Stap 3: Vermeng

Moenie vergeet om te vermeng nie. Jy wil nie die lyne wat jy geskep het heeltemal uitwis nie, maar jy wil beslis nie sigbare lyne kan sien nie. Vermeng die produk net genoeg om die volle effek van kontoergrimering te verkry. Jy kan jou kontoervoorkoms met ’n bietjie skadu al langs jou oogholtes afrond – dit sal die illusie van ’n loopplankmodel se beenstruktuur skep.

contour giphy

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 algemene mites oor retinol ontbloot

In ’n neutedop? Moenie bang vir retinol wees nie!

Close