×

Hoe om jouself op die internet uit te wis

Bêre hierdie artikel … net ingeval. Deur Connor Allison
delete internet

Ontwikkelaars in Swede het ’n webwerf skep wat jou kan help om jou aanlyn teenwoordigheid in net ’n paar eenvoudige stappe uit te wis. Ja, regtig.

Al wat jy moet doen, is om na deseat.me te gaan, wat ontwerp is as ’n plek vir gebruikers om hul internetteenwoordigheid “op te ruim”. Die diens stel jou in staat om al die webwerwe te sien waarop jy ingeteken is en dan te besluit om jy dit wil uitwis of jou subskripsie te kanselleer.

Hulle vra wel vir jou e-posadres en wagwoord sodat dit kan soek vir die webwerwe waarop jy ingeteken is, iets wat jou innerlike internetveiligheidsalarm waarskynlik dadelik laat afgaan.

Die skeppers van die webwerf, Wille Dahlbo en Linus Unnebäck, sê egter dat hulle gebruikers se privaatheid ernstig opneem en die inligting word nie op hul bedieners gestoor nie.

Die pad na aanlyn vryheid is nie so maklik soos om jou besonderhede te oorhandig nie. Die platform is op die oomblik beperk tot Gmail, wat beteken die lastige @hotmail- en @msn-rekeninge sal steeds onderhewig aan eindelose hoeveelhede gemorspos wees.

Dit bied ook nie ’n konsekwente veeg dwarsoor die internet nie, al kan dit jou help om ontslae te raak van gewilde subskripsies soos Facebook en Twitter.

En tog, as jy jou aanlyn teenwoordigheid wil verminder, hoef jy nie verder te soek nie.

Van: Digital Spy

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 wenke wat jou uit swendelaars se kloue sal hou

Swendelaars sal enige truuk in die boek probeer om hul teiken te vang. Só kan jy hulle in hul spoor...

Close