×
Skakel na Engels

Hoe om jou yskas deeglik skoon te maak

Is jou yskas ’n broeiplek vir kieme?

Adult housewife cleaning refrigerator inside and smiling

As jy soos die meeste mense nie tyd het om jou yskas een maal per week skoon te maak nie, sal jy geskok wees om te hoor dat daar meer skadelike bakterieë in die meeste yskaste krioel as in jou toilet.

 

Probeer gerus dié wenke. Dit kan jou tyd (en dalk jou lewe) spaar.

  • Gooi aan die einde van elke week alle produkte weg wat verval het. Raak ook van oorskietkos ontslae wat julle nie gaan eet nie.
  • Vee die binnekant van jou yskas een maal per week uit met ’n lap wat jy in warm, seperige water gedoop het. Gebruik ’n ou tandeborsel om die groefies in die seël mee skoon te maak.
  • Maak jou yskas skoon vóórdat jy die winkels pak vir jou weeklikse of maandelikse inkopies. Anders sal jy dalk items koop wat jy reeds het en op die ou end kos moet weggooi.
  • Laat jou vrieshokkie een maal per maand ontdooi. Haal alles uit, sit ’n bak wamr water in die hokkie en los die deur oornag oop. Dit sal die ys vinniger laat smelt.
  • Pak rou vleis, vis en hoender op die onderste rakkie sodat indien dit vleissap lek, dit nie ander kos besmet nie.
  • Voer jou groente- en vrugte-laaie met kombuispapier uit. Dit sal enige vogtigheid absorbeer. Vrugte en groente is geneig om gouer sleg te raak as dit in ’n klam, vogtige plek gebêre word.
  • Moet nooit oop blikkies in die yskas plaas nie. Gooi altyd die inhoud in lugdigte plastiekhouers uit.

 

 

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak mooi met rooi

Ons Leefstylredakteur, Vicki Sleet, gee raad oor tuisdekor

Close