×
Skakel na Engels

Hoe om jou vel en hare winterbestand te maak

Die winter kan straf op jou vel en hare wees. Lees hier hoe om dit te beskerm en bevog.
skin

Die winter kan straf op jou vel en hare wees. Die koue lug buite en binnenshuise verhitting stroop vog van sowel jou vel as jou hare en kan dit droog laat voel. Dis altyd ’n goeie idee om jou roetine met die verandering van seisoene te verander en meer vogryke en hidrerende produkte in jou skoonheidsroetine te inkorporeer.

1 GESIG

Versorg jou gesig hierdie winter ekstragoed deur produkte te gebruik wat vog help behou of jou vel ekstra vog gee. Begin deur jou gesig met ’n sagte produk met ’n oliebasis te reinig, soos Lipidol Cleansing Face Oil. Dit reinig die vel sagkens sonder om die natuurlike olierige laag weg te stroop en verwyder vuiligheid en grimering deur dit met die olie te laat bind. Wend dit eenvoudig aan ’n droë vel aan, masseer saggies, voeg ’n bietjie louwarm water by en hou aan masseer. Spoel dit dan af. As jy nie van olies hou nie, is Cetaphil Gentle Cleansing Lotion ook ’n goeie opsie, want dit streel die vel terwyl dit reinig en het ’n sagte, nie-irriterende formule.

 

lipidol

clicks.co.za

Lipidol Cleansing Face Oil – R79,95

cetaphil

clicks.co.za

Cetaphil Gentle Cleansing Lotion – R106,95

2 HANDE

Die vel op jou hande is veral gevoelig vir koue, strawwe weer in die winter. Wend ’n voedende, ryk handeroom soos African Extracts elke uur an jou hande aan en probeer handskoene dra indien moontlik wanneer jy buite is.

African Extracts

dischem.co.za

African Extracts Rooibos Advantage SPF15 Enriched Hand & Nail Cream – R46,95

3 HARE

Beskerm jou hare hierdie winter, want dit word droog en bros met die verandering van die seisoen. Moenie te veel borsel nie en gebruik ’n sagte of gladstrykende sjampoe en opknapper, soos die Moroccanoil-reeks. Klapperolie is ook fantasties vir hare en is intens bevogtigend. Masseer dit in jou kopvel in en deur jou hare en kam dit dan sagkens uit om die olie eweredig te versprei. Los dit vir minstens 30 of oornag aan voordat jy dit uitspoel en jy sal die verskil onmiddellik opmerk.

hair_smoothing_shampoo

http://www.moroccanoil.com

moroccan oil

http://www.moroccanoil.com

Moroccanoil Smoothing Shampoo R350 en Moroccanoil Smoothing Conditioner R370

coconut oil

dischem.co.za

Lifestyle Food Organic Odourless Coconut Oil – R64,95 

4 LYF

Nivea het ’n fantastiese In-shower Body Moisturiser wat jy aanwend terwyl jy in die stort is. Die vogryke produk sal jou vel bevog en sysag laat voel selfs nadat jy jou met ’n handdoek drooggevryf het.

nivea

redsquare.co.za

Nivea In-Shower Body Moisturiser – R69,50

5 LIPPE

Droë en gebarste lippe is algemeen in die winter. Ons het ’n fantastiese wenk om dit op te los – teesakkies. Tannien in tee is wonderlik vir gebarste lippe. Sodra jy die teesakkie uit die kokende water gehaal het, laat dit afkoel en plaas dit vir 30 sekondes op jou lippe. Jy kan dit drie tot vyf keer ’n week doen, of soos nodig. Jy moeg ook gereeld lipsalf aanwend. Ons beveel Elizabeth Arden Eight Hour Cream Intensive Lip Repair aan wat die lippe se voglaag versterk en dit lieflik bevog laat voel en lyk.

tea bag

pinterest.com

Elizabeth Arden

redsquare.co.za

Elizabeth Arden Eight Hour Cream Intensive Lip Repair – R245

Lees nog skoonheidstories

Lees nog velsorgstories

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jennifer Aniston se geheime vir fantastiese hare, vel en naels

En haar gunsteling naellakskakerings

Close