×
Skakel na Engels

Hoe om by jou oefenroetine te hou

Sukkel jy om met ’n nuwe oefenroetine vol te hou? Volg hierdie wenke om oefening ’n belangrike deel van jou daaglikse lewe te maak!
oefen

Enige iemand wat al in hul lewe by ’n gim aangesluit het, sal vir jou sê dat dit redelik maklik is om met ’n oefenroetine te begin. Om daarby te hou is egter ’n ander storie. Hier is ’n paar wenke om jou te help om oefening deel van jou lewe te maak – en daarmee vol te hou!

1. Wees realisties

Eerstens is dit belangrik om te besef dat jy nie kitsresultate gaan kry nie. Ons is geneig om dit in die eerste paar weke te oordoen en om motivering te verloor wanneer ons nie dadelik resultate sien nie. Begin geleidelik – jy sal dan meer geneig wees om by jou roetine te hou. 

2. Moenie van stryk gebring word wanneer jou roetine verander nie

Het jou werk na ’n nuwe kantoorgebou geskuif wat maak dat jy nie na jou plaaslike gim kan gaan nie? Het jy ’n bedrywige week met verskriklike sperdatums? Maak jou oefenroetine aanpasbaar genoeg sodat dit nie deur veranderinge in jou gewone roetine beïnvloed sal word nie. Sê vir jouself dis oukei om jou gimsessie met ’n ander aktiwiteit te vervang, soos om te gaan stap. Hou oefening deel van jou daaglikse lewe deur so min as 30 minute per dag opsy te sit.

3. Kyk eers die kat uit die boom

Wanneer jy begin om oefening deel van jou daaglikse lewe te maak, moenie sommer dadelik ’n jaarlikse kontrak by ’n spoggerige gim uitneem nie. Baie gimnasiums maak voorsiening vir dagbesoekers en bied toegang vir sommige klasse sonder dat jy ’n kontrak hoef te teken. Ondersoek al die opsies totdat jy ’n vorm van oefening gevind het wat jy werklik geniet.

4. Moet dit nie net vir gewigsverlies doen nie

As jy oefening bloot as ’n middel vir gewigsverlies beskou, kan jy jouself maar gereed maak om te misluk. Die skaal gaan dalk nie dadelik ooreenstem nie en jy kan baie vinnig moed verloor as gewigsverlies jou enigste doelwit is. Herinner jouself aan die langtermyn-gesondheidsvoordele as jy sukkel om gefokus te bly. 

 

Lees ook

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Gee jou werklewe ’n oormaaksessie

Begin jou nuwe werk, week of dag met woema. Deur Lisa Whitmore

Close