×
Skakel na Engels

Hoe om jou kinders besig te hou

Om te verhoed dat jou kinders kla hulle is verveeld, probeer gerus dié lesers se raad

V: April is vakansiemaand, en om jou ore dié keer te spaar van die alewige ‘Ma, ek is verveeld’-rympie, het ons gevra: hoe hou jy jou kinders besig (TV-kyk en rekenaarspeletjies tel nie)?

A: ‘Toe my seun jonger was, het ek ’n groot boks met leë eierbakkies, geskenkpapier, gom, blinkertjies, verf, ou Kerskaartjies en ’n stomp skêr reg gehad. Die vloer is met koerantpapier bedek en dan is die boks uitgehaal. Ek kon hom ’n paar uur los om sy kreatiwiteit uit te leef en daarna het ons saam kolwyntjies gebak en versier.’
Angel Conradie (ma van een, 20)

A: ‘Gedurende die skoolvakansies stel ek ’n onderwyser aan wat vir hulle twee ure ’n dag privaatlesse by die huis gee. Na middagete slaap hulle vir ’n rukkie tot 4 uur. En daarná kan hulle die speelgoed uithaal en die TV aanskakel.’
Summy Chinomso Okoroh (ma van twee, 4 en 6)

A: ‘Ons vra ons seuns om drie aktiwiteite neer te skryf en gooi dit dan in ’n hoed. Elke tweede dag trek ons een uit die hoed. Dit sluit gewoonlik mini-gholf, fliekkyk, ysskaats en opvoedkundige uitstappies – soos om die Sterkfontein-grotte te besoek – in. Dis regte gehalte-tyd!’
Rina Calitz (ma van twee, 11 en 13)

 

Deel ook jóú raad deur dit hier onder in te tik>

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Natuurlike insek- afweermiddels

Drie natuurlike, ekovriendelike oplossings om peste wat jou huis met jou wil deel, te bestry

Close