×

Hoe om jou kind in musiek te laat belangstel

Om ’n musikant (muso) te wees beteken nie noodwendig jy bespeel ’n instrument of is deel van ’n orkes of musiekgroep nie. As jy ’n sterk belangstelling in musiek het, word jy ook as ’n muso beskou.
valiant swart

Vir baie ouers is musiek ’n belangrike deel van hul kinders se opvoeding. Ons het die plaaslike musikant Valiant Swart gevra hoe ons ons kinders in musiek kan laat belangstel en, nog belangriker, hoe om hulle aan te moedig om dit te waardeer.

“Ek wil hê my kinders moet van musiek hou omdat dit lekker is,” sê Valiant. “Musiek is cool en dit laat jou goed voel. En dit is magic. Kinders is mal oor magic. Ons huis is vol kitare, klawerborde, CD’s en ou langspeelplate. Daar speel heeldag ’n liedjie iewers.”

Sy kinders speel kitaar en klavier en sing graag, hoewel hy hulle nog nooit gedruk het om aan hierdie aktiwiteite deel te neem nie. Hulle is van jongs af aan ’n verskeidenheid musiek blootgestel en luister dus na baie verskillende genres.

“Ek en my vrou en ons seun (24) deel nogal dieselfde smaak. Ek en hy sit en jam en luister ou vinyls en kyk bands uit op YouTube snags as die girls slaap. As ons iewers heen ry, bluetooth my dogter (13) haar pop playlist oor die kar se luidsprekers. Dan luister ek maar saam. Dit verstom my hoe sy en haar girlfriends al die liedjies se woorde ken en nootvas saamsing.”

Valiant glo jy kan nie ’n kind dwing om musieklesse te neem nie. “Nie almal is ’n natuurlike musikant nie. Met baie oefening kan jy teoreties enige iets bemeester, maar daar bestaan wel iets soos die ‘natural ability’ waarvan Bruce Springsteen in sy memoires, Born to Run, praat.”

Hy glo ook dat jy jou kind moet aanmoedig om minstens die grondbeginsels van ’n spesifieke instrument te leer as hy of “enigsins ’n sweempie van ’n gawe het”.

“Dit sal jou huis vul met magic, elke dag. Selfs al is dit ’n tromstel of ’n trompet,” sê hy.

 

Sluit hierdie naweek by Goeie Huishouding en die Valiant Swart aan by die Backsberg-Sondagpiekniekkonserte 

Kom luister na Valiant Swart se optrede by die Backsberg-Sondagpiekniekkonserte op die Backsberg-wynlandgoed op Sondag 12 Maart om 15:00. Goeie Huishouding is die mediavennoot van hierdie prettige gesinsdag. Kom geniet dus ’n ontspannende middag van musiek, goeie kos en wyn, en meer.

 

backsberg picnic concerts poster

Kry jou kaartjies hier 

Lees ook:

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moenie Backsberg se Sondag-piekniekkonserte misloop nie

Die Backsberg-wynlandgoed bied hierdie somer in samewerking met Goeie Huishouding vier konserte met topmusiekgroepe op hul grasperk in die skadu...

Close