×
Skakel na Engels

Hoe om jou huis vir huurders voor te berei

Wenke om jou huis vir betalende gaste voor te berei
berei

As jy jou huis op Airbnb of privaat verhuur terwyl jy weg is, is hier ’n paar wenke oor hoe om dit vir korttermynhuurders voor te berei.

1. Begin deur soveel moontlik onnodige artikels te skenk, weg te gooi of te verkoop.

2. Maak jou huis skoon – vanselfsprekend – voordat jou gaste opdaag. Jou huis moet in ’n goeie toestand vir hulle wees. Gee veral aandag aan die badkamer en die kombuis, want dit is die plekke wat geneig is om baie stof, olierigheid en vuiligheid te versamel.

3. Maak enige jakkalsies reg wat jy dalk vir ’n rukkie afgeskeep het. Maak seker jou huis is veilig en dat daar geen ontblote elektriese drade of stukkende deurskarniere is nie, ensovoorts.

4. Koop ’n paar kratte in verskillende groottes – grotes vir klere en linne wat jy nie wil hê hulle moet gebruik nie, en kleineres vir die inhoud van jou bedkassie, spieëltafel en badkamerlaaie.

5. Spaar jouself die moeite om al jou kaste leeg te maak – pak net een uit en bêre al jou klere in ’n ander een. Geen slot nie? Ryg kabelbinders deur die handvatsels.

6. Maak seker jy het genoeg beddegoed: Jy moet twee stelle per bed hê. Was die kussings en belê in matrasbeskermers. (Ons beveel Protect-A-Bed-matrasbeskermers aan.)

7. Koop ’n volledige reeks skoonmaakprodukte om jou gaste aan te moedig om self skoon te maak!

8. Moenie vergeet dat jy jou yskas moet leegmaak, en genoeg glase en breekgoed moet hê nie. Sluit kristaltrougeskenke en ander kosbare besittings toe.

9. Dis ’n goeie idee om ’n brief met gedetailleerde instruksies te los. Moenie vergeet om die nodige kontakbesonderhede vir noodgevalle in te sluit nie, asook waar hulle ’n noodhulpkissie of brandkraan kan kry.

LEES OOK:

Noodhulpgids vir somervakansiebeserings

Kontrolelys vir jou vakansiereis

Wat om vir jou somervakansie te pak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Al wat ons vir Kersfees wil hê, is …

Goeie Huishouding se personeel vertel watter huishoudelike produkte hulle die graagste sal wil hê – waarvan sommige nog nie bestaan...

Close