×
Skakel na Engels

Hoe om jou grimering heeldag te laat hou

Hou jou voorkoms vars met dié ses wenke

Warm, vogtige dae is alles behalwe goed vir jou grimering. As jy sweet, kan jou grimering smeer of wegsmelt. As jy nie soos ’n pandabeer wil lyk nie, volg die ses maklike stappe om jou voorkoms heeldag vars te hou:

Stap 1

Was jou gesig met ’n nie-olierige reiniger. Gebruik ’n handdoek om jou gesig mee droog te druk.

Stap 2

Wend ’n nie-olierige vogroom aan. Die vogroom moet ’n SBF van minstens 15 bevat.

Stap 3

Gebruik ’n klam onderlaagkwas on ’n poeier-onderlaag aan te wend. Kies ’n skakering of twee ligter as jou eie velkleur.

Stap 4

Wend waterbestande maskara aan.

Stap 5

Om te verhoed dat jy later in die dag met donker, smerige kringe om jou oë sit, wend ’n ligter kleur oogskadu aan.

Stap 6

Kies lipglans in ’n natuurlike kleur eerder as lipstiffie.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sorgelose krulle

Kry dié somer-voorkoms só

Close