×
Skakel na Engels

Hoe om jou beursie te orden

Geld groei nie op ’n mens se rug nie, al bult jou beursie. Skei die kaf van die koring:

Maak plek vir meer kontant

Maak jou beursie leeg en sorteer die kwitansies wat geliasseer of weggegooi kan word; doen ook weg met ou koepons en oorbodige strokies.

Wees op die ergste voorbereid

Kopieer jou kredietkaarte, rybewys en ID-dokument. Bewaar die afskrifte in ’n veilige plek. Haal jou ID-boek uit, want dis geen piekniek om dit te vervang nie. Jou rybewys is voldoende.

Bepaal jou voorkeure

Sit net die kaarte wat jy gereeld gebruik, terug. Gebruik ’n afsonderlike beursie vir die ander of bind die lojaliteits- of geskenkkaarte met ’n rekkie saam en hou dit in ’n afsonderlike beursie.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Nuwe gebruike vir ou plastieksakke

Het jy gedink inkopiesakke kan net vir een doel gebruik word? Dink weer.

Close