×
Skakel na Engels

Hoe om iemand in die werklike lewe te ontvriend

Jodyne Speyer, skrywer van “Dump ’Em: How to break up with anyone from your best friend to your hairdresser”, deel haar topwenke oor hoe om vriendskappe op ’n mooi manier te beëindig
ontvriend

1. Doen jou bes om hulle ’n waarskuwing te gee.

Ek het vir een vriendin gesê: “Ek hou nie daarvan dat jy my doodpraat nie.” Dit het dit makliker gemaak toe ek die vriendskap later beëindig het. Wanneer jy hulle ontvriend, herinner hulle daaraan dat jy die kwessie voorheen aangeraak het, maar dat dit nou in ’n veel groter probleem ontaard het.

2. Fokus op een of twee redes.

Dis maklik om ’n lang lys te maak van alles wat jou vriendin al verkeerd gedoen het. Ons bereik dikwels ’n breekpunt wanneer ons dit alles kan uitblaker, maar probeer om op een of twee kwessies te fokus.

3. Kies die regte manier om jou boodskap oor te dra.

Voor sosiale media sou ons dit beslis in eie persoon gedoen het. Hoewel ek nie dink jy dit ooit op Facebook of Twitter moet doen nie, dink ek ook nie van aangesig tot aangesig is deesdae altyd die beste nie. Ek’s ’n voorstander van e-posse stuur. Jy kan dink oor wat jy wil sê. Ek stel voor jy los die e-pos vir 24 uur om jou gevoelens te laat bedaar voordat jy op “stuur” kliek.

4. Gun haar ’n respons.

Niemand kan jou oorreed om in ’n vriendskap aan te bly nie, maar as jou vriendin iets wil terugsê, moet jy haar uithoor. Jou werk is om te luister, nie te reageer nie – dit kan olie op die vuur wees. Laat haar reageer, luister, en onttrek jouself dan so gou moontlik aan die gesprek.

 

LEES OOK 

15 tekens dat julle dalk verhoudingsberading nodig het
10 baie algemene argumente in verhoudings wat niemand kan wen nie
5 dinge oor liggaamstaal wat jy moet weet

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Verander jou lewe met hierdie vyfpuntplan

Hier is ’n vyfpuntplan om verandering suksesvol in jou lewe aan te bring

Close