×
Skakel na Engels

Hoe om glimmende ooglede vir jou te laat werk

Laat jou oë die praatwerk doen met hierdie uiters modieuse neiging
glimmende ooglede

Of jy nou op Instagram rondsnuffel of aanlyn na foto’s van die nuutste internasionale modevertonings kyk, dis duidelik dat glimmende ooglede op die oomblik ’n gewilde neiging is.

Anders as gewone, droë oogskadu kan dit lyk of hierdie voorkoms moeilik is om te verkry en te dra, maar dis eintlik makliker (en gemakliker) as wat jy dink, en dit kan enige voorkoms opkikker.

Kyk hier hoe jy hierdie pragtige, sjiek skoonheidsneiging kan bemeester:

Stap 1 

Net soos jy sal (of behoort te) maak voordat jy gewone ooggrimering aanwend, is dit belangrik om jou eers ’n basislaag aan jou ooglede te wend voordat jy kleur gebruik.

Stap 2 

Wend oogomlyner aan soos jy dit verkies, hetsy aan die boonste, onderste of albei wimperlyne. Gebruik óf ’n kohl- óf ’n smeervaste oogomlyner.

Stap 3 

Wend jou oogskadu aan. Kies ’n formule wat glim, maar nie blinkertjies bevat nie, want die blinkertjies sal klonte maak en in die voue van jou ooglede saampak.

Stap 4 

Wend nou jou (verkieslik waterdigte) maskara aan en laat dit droog word.

Stap 5 

Om jou oë daardie glansende voorkoms te gee, wend óf ’n lipbalsem of ’n lipglans aan, solank dit nie te loperig is nie. Tik dit liggies op jou ooglede aan en gebruik jou vinger om dit ook liggies aan jou wimpers aan te wend.

Vir ’n selfs dramatieser voorkoms. wend ook ’n bietjie onder jou onderste wimperlyn aan. Kombineer hierdie voorkoms met ’n neutrale of subtiele lipkleur sodat die fokus op jou oë is.

TERLOOPS 

Voel jou ooglede olierig en voel dit asof jou grimering in die lipglans inloop? Moenie bekommerd wees nie. Dit is heeltemal normaal en sal die voorkoms natuurliker laat lyk.

FOTO: iStock/skynesher

LEES OOK:

7 verrassende redes hoekom jy donker kringe onder jou oë het

9 onbekende feite oor maskara

4 van die jongste grimeertegnieke

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Watter kleur lipstiffie pas jou? Voltooi gou hierdie vraelys

Ons help jou om die perfekte skakering te kies

Close