×
Skakel na Engels

Hoe om geskenkversierings van vilt te maak

’n Blom wat van geknipte en gevoude vilt gemaak is, is soveel meer as net ’n geskenkversiering; dis iets om te hou. Dit kan later as ’n ornament vir ’n Kersboom of ’n kind se haarknippie gebruik word. DEUR KARIN LIDBECK-BRENT

WAAIERVERSIERING

 

Benodighede:

 

– 1 blok elk rooi en fuchsia vilt

– Skêr

– Warmgomgeweer en gomstafies

– Knoop

 

Aanwysings:

 

1. Sny die rooi vilt in ’n 10,2 cm-vierkant.

2. Sny vanaf elke hoek in na die middel, maar net tot by 1,3 cm van die middel af. Vou een hoek na die middel en plak dit met die warm gom vas. Herhaal met die ander drie hoeke.

3. Herhaal stappe 1 en 2 met ’n 7,6 cm-vierkant van fuchsia-vilt.

4. Plak ’n knoop bo-op die klein waaier vas en plak dan die klein waaier bo-op die groot waaier vas.

 

 

GEKARTELDE BLOMVERSIERING

 

Benodighede:

 

– 1 blok elk fuchsia, liggroen, pers, oranje en geel vilt

– Kartelskêr

– Skêr

– Warmgomgeweer en gomstafies

– Knoop

 

Aanwysings:

 

1. Gebruik die kartelskêr om twee blaarvorms uit die groen vilt te sny, asook ’n groot blomblaar uit die pers vilt en ’n kleiner blom met 6 blare uit die fuchsia vilt.

2. Sny ’n klein sirkel (net groter as jou knoop) uit die geel vilt en ’n effens groter sirkel uit die oranje vilt.

3. Plak al die stukke aanmekaar vas, van die kleinste deel (die knoop) heel bo tot die grootste (die blare) heel onder.

 

 

ASTERISKBLOMVERSIERING

 

Benodighede:

 

– 1 vierkant elk ligblou, donkerblou, persblou en vlootblou vilt

– Skêr

– Skulpskêr (opsioneel)

– Warmgomgeweer en gomstafies

– Knoop

 

Aanwysings:

 

1. Sny ’n groot sirkel uit elke stuk vilt. Sny v-vormige kepe om ’n asteriskvorm te skep.

2. Sny ’n klein sirkel (net groter as jou knoop) uit die persblou vilt, ’n effens groter sirkel uit die ligblou vilt en nog ’n effens groter een uit die persblou vilt. Gebruik die skulpskêr indien verkies.

3. Plak al die stukke aanmekaar vas, van die kleinste deel (die knoop) heel bo tot die grootste deel (die asterisk-“blare”) heel onder.

 

 

BLOU-EN-WIT BLOMVERSIERING

 

 

Benodighede:

 

– 1 blok elk blou en ivoorkleurige vilt

– Skêr

– Yster

– Swart borduurgare en ’n naald

– Knoop

– Warmgomgeweer en gomstafies

 

Aanwysings:

 

1. Sny ’n blomvorm met ses blare uit die blou vilt.

2. Sny 3 stroke van 0,6 cm x 15,2 cm elk uit die ivoorkleurige vilt. Vou dit in lusse met die punte wat mekaar in die middel ontmoet en druk dit vas om die vorm te behou.

3. Werk die knoop bo-op een van die ivoorlusse vas.

4. Plak al die stukke aanmekaar vas – van die kleinste deel (knoop) heel bo na die grootste deel (blou blom) heel onder.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Rudolf, die herwonne takbok

Maak dié vrolike takbok met ’n paar riffelkartonbokse en ons nuttige uitsnypatrone

Close