×
Skakel na Engels

Hoe om gesigolies en -serums reg aan te wend

Ja, daar is ’n regte en ’n verkeerde manier om dit te doen. Volg hierdie maklike stappe om die maksimum voordele uit hierdie skoonheidsprodukte te verkry.

Jy verkry dalk nie die voordele van jou gesigolies en -serums nie, bloot omdat jy dit verkeerd aanwend. Die manier waarop jy dit aanwend en hoeveel is net so belangrik soos die produk self.

Stap 1:

AFR1

Begin deur jou gesig behoorlik te reinig. ’n Verfrisser werk ook goed om oortollige vuiligheid en grimering te verwyder. Maak seker jou gesig is klam, want olies en serums is geneig om beter op ’n klam vel te werk. Jy kan kies om jou vogroom voor of ná die olie of serum aan te wend, na gelang van jou veltipe.

Stap 2:

AFR2

Pomp of drup twee tot drie druppels op jou vingerpunte. Vryf dit om die produk op te warm, want dit sal help dat jou vel dit absorbeer. Druk jou vingerpunte op jou wange, voorkop en ken.

Stap 3:

AFR3

Masseer die produk liggies in jou vel in met opwaartse bewegings. Laastens, vee dit oor jou lippe en neus in die rigting wat op die illustrasie hier onder getoon word.

Daar het jy dit! Maak seker jy volg hierdie maklike stappe vir ’n mooi vel.

FOTO: iStock/m-imagephotography

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ja, jy kán Adele se treffende grimeervoorkoms jou eie maak

Dié maklike tutoriaal wys hoe om Adele se grimering te doen soos dit in haar “Hello”-video gelyk het

Close