×
Skakel na Engels

Hoe om dierepatrone saam met jou klere te dra

Is jy skrikkerig om dierepatrone te dra? Die kuns is om net een artikel by jou uitrusting te voeg en die res eenvoudig te hou

 

 

1. Insteekskoene met ’n luiperdvelpatroon kikker enige uitrusting op. Dra dit by noupassende swart jeans, ’n wit tenktop en ’n denimbaadjie.

Luiperdvelskoene R899, Trenery

 

 

2. Dié rok met die dierepatroon sal goed werk om kantoor toe te dra. Voeg hoëhakskoene in swart of taankleur by vir ’n eenvoudige dog sjiek voorkoms

Oorvourok R399, Edit by Spree

 

 

3. Vir ’n aand uit, gee ’n swart rokkie woema met ’n paar goue bykomstighede en ’n palmsakkie wat ’n stelling maak, soos dié een.

Leerhandsak R899, Eliza by Witchery

 

 

4. Dra dié knooptrui met die dierepatroon oor ’n eenvoudige T-hemp by jeans of ’n spanbroek vir ’n informeler voorkoms of vir ’n laatontbyt saam met jou vriendinne op ’n Saterdag. Rond die voorkoms met plat skoene of stewels af.

Knooptrui R480, Animal Lovefur Edge To Edge by Foschini 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 dieremotief-items vir minder as R600

Dieremotiewe gaan nooit uit die mode nie. Ons is mal oor hoe dit jou uitrusting in ’n kits kan opkikker....

Close