×
Skakel na Engels

Hoe om die perfekte winterjas te kies

Hierdie beleggingskopie sal verskeie seisoene hou
winterjas

Om ’n jas vir die winter te koop is soos om ’n warm koppie tee op ’n reënerige dag te drink. Maar as jy slim koop, kan jy ’n jas kry wat vir ’n paar winters sal hou, en sommer meer tyd hê vir teedrink, laat slaap en ander koueweeraktiwiteite.

Die regte jas moet aan die volgende vereistes voldoen:

1. Dit moet gemaklik wees, maar netjies genoeg om na meer formele geleenthede te dra. ’n Soldatejas is altyd ’n goeie keuse omdat dit enige uitrusting deftiger laat lyk en altyd gepas lyk.

2. Dit moet genoeg plek laat sodat jy lae onder dit kan dra. Moenie ’n jas koop wat styf om jou arms en skouers pas nie, want dit sal jou beweging inperk as jy ’n trui onder dit dra.

3. Maak seker dis van goeie gehalte. Dis die moeite werd om ’n bietjie meer te betaal vir ’n jas wat van ’n natuurlike vesel soos wol gemaak is. Poliëster en ander sintetiese vesels sal jou nie net koud laat voel nie, maar ook sweet binnehou.

4. Sakke is nie onderhandelbaar nie. ’n Goeie jas moet altyd sakke met ’n voering hê om jou hande warm te hou.

5. Dit moet behoorlik pas. Maak seker dit pas reg by jou skouers sodat die jas regaf hang. Gee aandag aan die detail: Bedek die jas jou polse? Sit dit te styf as jy dit toeknoop? Lê al die nate en plooie plat?

6. Kies altyd ’n tydlose styl eerder as ’n modieuse weergawe. ’n Mooi getailleerde jas sal altyd in die mode wees, veral as jy een in swart, grys of kameelkleur kry. Jy kan altyd ’n ligter kleur naby jou gesig inspan met ’n serp of ’n polohalstrui.

7. Gemak is belangrik.Onthou om te gaan sit met die jas wat jy aanpas en ’n bietjie in die aanpaskamer of winkel daarmee rond te loop om seker te maak die gewig van die jas werk vir jou.

FOTO: iStock/JANIFEST

LEES OOK:

Die nuutste neiging dié seisoen: Opgedateerde denim

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

Om jou klerekas reg te ruk kan dalk net die sleutel tot jou geluk wees

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 van Kate Middleton se nuttigste stylgeheime

Jy hoef nie ’n koninklike te wees om hierdie wenke en kunsies in te span nie

Close