×
Skakel na Engels

Hoe jou maskara ’n gróót verskil kan maak

Koop Bobbi Brown Pretty Powerful Mascara. Alle opbrengste gaan aan Heartbeat, ’n sentrum vir gemeenskapsontwikkeling

 

 

Die grimeringmagnaat Bobbi Brown gebruik weer haar handelsmerk om vroue en meisies te help. Die Pretty Powerful Campaign for Women & Girls is daarop gemik om te verseker dat alle vroue en meisies ’n opvoeding ontvang, asook die nodige lewens- en werkvaardighede om in hul rol as studente, werkers, lewensmaats of ouers te gedy.

 

“Pretty Powerful is ’n veldtog wat op selfvertroue fokus en om vroue se stories te deel. Dit het met grimering begin, maar in die bemagtiging van vroue en meisies deur onderrig ontwikkel. Daar is niks wat ’n vrou of meisie meer selfvertroue gee as om geleerd te wees en dus in staat te wees om vir haarself en haar gesin te sorg nie. Dís ‘pretty powerful’.” – Bobbi Brown

 

Alle opbrengste van die verkope van Pretty Powerful Mascara wat aanlyn of by enige Bobbi Brown-toonbank gekoop is, sal geskenk word aan Heartbeat, ’n liefdadigheidsorganisasie wat sorg vir die emosionele welstand van weeskinders en kwesbare jong vroue en meisies wat deur MIV/vigs geraak word.

 

 

Vir meer inligting besoek prettypowerful.bobbibrowncosmetics.com en om uit te vind hoe jy Heartbeat kan help, besoek www.heartbeat.org.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skenk en help skep die wêreld se grootste ooievaarstee

Help Johannesburg-kinderwelsyn om ’n wêreldrekord te breek deur 13 ton babaprodukte in een naweek bymekaar te maak

Close