×
Skakel na Engels

Hoe goed is jou honde-etiket?

Honde (én hul eienaars) moet van die gepaste etiket en gedrag bewus wees sodat hulle in die volgende scenario’s so gemanierd as moontlik kan optree
  1. ’n Glipsie in ’n vriend se huis

Maak dit onmiddellik skoon. As dit ’n vlek laat, bied aan om vir ’n skoonmaakdiens te betaal of die beskadigde artikels te vervang. Ons raad? Los jou diere by die huis waar hulle veilig voel.

  1. Jy hou ’n partytjie

Victoria Stilwell van Animal Planet se It’s Me or the Dog sê angstige en aggressiewe honde moet toegemaak word en alle honde moet afgesonder word indien die gaste (veral kinders) ’n vrees vir honde het. As jou gaste egter van honde hou, stel hulle aan mekaar voor sodra jou kuiermense opdaag.

  1. Jou hond maak ’n ander dier seer

Aggressiewe honde moet altyd aan ’n leiband gehou word, sê die afrigter Sarah Hodgson. Indien iets skeefloop, kry onmiddellik beheer oor jou troeteldier. Vra die ander dier se eienaar om verskoning en gee jou kontakbesonderhede sodat jy enige mediese rekeninge kan betaal.

  1. Jou hond lek en spring op mense

“Dis die toppunt van swak maniere van jóú kant af, nie jou hond s’n nie,” sê Stilwell. Kry jou hond weg, vra verskoning en gee hom ’n speelding om hom besig te hou. Moenie skree nie, want dit sal hom meer opgewonde maak. Leer jou hond om mense meer beleef te groet.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die Good Housekeeping-handelsnaam word 130!

Ter viering van hierdie mylpaal-verjaardag het ons ’n galery van vintage-HG-voorblaaie geskep – is dit nie eenvoudig pragtig nie?

Close