×
Skakel na Engels

H&M se For Every Victory-versameling word vandag bekendgestel!

Jy kan nou van H&M se lang verwagte, splinternuwe sportdrag gaan koop!

 

Aandag, alle sportliefhebbers en fiksheidsghoeroes! Onthou jy ons het jou vertel van H&M se splinternuwe (en wonderlik inspirerende) sportdragversameling, H&M For Every Victory? Wel, dit word vandag bekendgestel!

www.hm.com

www.hm.com

Die hoogs modieuse reeks word net betyds vir die 2016 Olimpiese Spele bekendgestel en is ontwikkel met insette van die Sweedse Olimpiese span.

Die versameling word vandag in winkels en aanlyn bekendgestel en dit kom met ’n inspirerende veldtog. H&M het gekies om die krag van persoonlike prestasie te vier – en verskeie inspirerende persoonlikhede gekies wat hul eie oorwinnings behaal het, hetsy in sport of in die lewe in die algemeen, om die veldtog aan te voer.

HM-Every-Victory-2016-Collection

Van hierdie helde wat hulle gekies het om die veldtog aan te voer, sluit in:

Caitlyn Jenner, wat ’n Olimpiese goue medalje in tienkamp verower het en dit gewaag het om op te staan vir haar ware identiteit.

hm-sportswear-for-women-and-men-2016-Caitlyn-Jenner2

www.hm.com

“Ek glo werklik in die krag van sport om positiewe verandering in mense se lewe aan te bring. Dit is hoekom ek so trots is om deel van die For Every Victory-veldtog te wees, want dit herinner my aan die krag en moed van mense van oor die wêreld heen om hul ware self te wees en enige hindernisse te oorkom wat op hul pad mag kom,” sê Caitlyn, wat ’n ster in die veldtog is.

www.hm.comwww.hm.com

Ander sluit in Chelsea Werner,’n gimnas wat nog nooit toegelaat het dat Down se sindroom haar vordering stuit nie; die branderplankryer Mike Coots, wat steeds deelneem hoewel hy sy been in ’n haaiaanval verloor het; en die bokser Namibia Flores, wat teen vooroordeel geveg het om haar drome na te streef.

Kyk gerus na die veldtog se video:

“Dit is ’n versameling oor prestasie met styl, en die bydrae van die Sweedse Olimpiese span was van onskatbare waarde in die skeppingsproses. Die resultaat is hoogs modieuse tegniese sportdrag vir almal om te dra,” sê Pernilla Wohlfahrt, ontwerp- en skeppende direkteur van H&M.

Gaan koop vandag vir jou iets uit die versameling!

Die versameling meng hoogs modieuse artikels met die gesaghebbende kennis van die Sweedse Olimpiese span. Dit sluit sportbra’s, spanbroeke en herwinde en hoëgehaltemateriale in wat help om prestasie te optimaliseer.

*Pryse begin by R299.

Kliek hier vir ’n voorskou van ons geliefkoosde H&M For Every Victory-artikels!

H&M Sportswear

Dié versameling gaan ’n wenner wees! #ActiveAlert

Lees meer oor mode.

Lees meer oor huisgoed.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
H&M stel ’n nuwe sportdragversameling bekend

H&M stel ’n nuwe sportdragversameling bekend – en dis bekostigbaar en sjiek!

Close