×
Skakel na Engels

Het sonroom jou klere, meubels of matte gevlek?

Volg ons nuttige wenke om vinnig met dié lelike vlekke klaar te speel

Materiaal

 

1. Vee enige room af wat nog op die materiaal is.

2. Behandel dit met ’n voorwas-vlekverwyderaar.

3. Was met die warmste water wat vir die materiaal veilig is.

 

Bekleedsel

 

1. Vee enige room af wat nog op die bekleedsel is.

2. Sprinkel bakpoeier, maizena of ’n ander absorberende stof op die vlek.  Laat dit vir 10 tot 15 minute staan en stofsuig dan.

3. Gebruik ’n skoon, wit lap en spons die vlek met ’n droogskoonmaakmiddel.

4. Klad totdat die skoonmaakmiddel geabsorbeer is.

5. Herhaal stappe 3 en 4 totdat die vlek weg is.

 

Matte

 

1. Vee enige room af wat nog op die mat is.

2. Sprinkel bakpoeier, maizena of  ’n ander absorberende stof op die vlek.  Laat dit vir 10 tot 15 minute staan en stofsuig dan.

3. Gebruik ’n skoon, wit lap om die vlek met ’n droogskoonmaakmiddel te spons.

4. Klad totdat die droogskoonmaakmiddel geabsorbeer is.

5. As die vlek nie wil uitkom nie, meng een eetlepel opwasmiddel en een eetlepel witasyn met twee koppies warm water.

6. Gebruik ’n skoon wit lap en spons die vlek met dié oplossing.

7. Klad totdat al die vloeistof geabsorbeer is.

8. Spons met koue water en klad droog.

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wenke om van rooiwynvlekke ontslae te raak

Probeer hierdie wenke om tjoef-tjaf van rooiwynvlekke ontslae te raak

Close