×

Het jy gesonde drinkgewoontes?

Te veel alkohol kan jou risiko op ’n hartsiekte vergroot

drinkgewoontes

Hou by een alkoholiese drankie per dag, sê ‘n nuwe ondersoek deur die Centres for Disease Control and Prevention. Navorsers het 1 529 drinkers bestudeer en gevind dat vrouens wat meer as een drankie per dag – soos bier, wyn of skemerkelkies met meer skop – geniet het, ‘n hoër voorkoms van metaboliese sindroom getoon het. Hierdie toestand (simptome sluit hoë bloeddruk en maagvetsug in) word aan hartsiektes gekoppel.

 

‘n Gesonder gewoonte: Geniet een drankie en drink dan die res van die aand bruiswater.

 

Lees meer

Maak jy ‘n drinker groot?

Hoe om slapeloosheid te oorkom

 

Skenk jou hartklop vir Flora se veldtog teen hartsiektes. In ruil vir jou hartklop sal Flora kardiologiese fasiliteite in Suid-Afrika verbeter. Kliek op die kloppende hart om vandag nog jou hartklop te skenk!

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Stap jy vinnig genoeg?

As ons self moet skat watter spoed vinnig genoeg is, toon navorsing dat die meeste van ons nie die fiksheidshupstoot...

Close