×
Skakel na Engels

Het jy dun hare? Hier is vyf goed wat jy moet vermy

Vermy hierdie “oortredings” as jou hare effens fyn is
dun hare

 

Dik, gesonde hare vol volume word as die ideaal in die skoonheidswêreld beskou, maar ongelukkig is baie van ons se hare aan die dun kant. Die goeie nuus is dat daar ’n hele paar maniere is waarop jy kan keer dat jou hare selfs dunner raak of beskadig word. Al wat dit verg, is ’n paar eenvoudige veranderinge aan jou haarsorgroetine.

MOENIE stileertoestelle te gereeld gebruik nie

Hetsy dit jou stryktang, krultang of haardroër is, te veel hitte op ’n gereelde basis kan jou hare dunner en brosser maak, wat maak dat dit makliker breek. Gebruik dié toestelle so min as moontlik en wend altyd eers ’n hittebeskermingsproduk aan. 

Lees: Vermy hierdie 9 foute wanneer jy jou hare droogblaas

MOENIE jou hare so dikwels verbleik nie

Ons weet almal dat haarkleur en bleikmiddels nie eintlik goed vir ons hare is nie. Behalwe dat bleikmiddels jou hare beskadig, haal dit ook die kleur en diepte uit jou hare uit wat dit dunner laat lyk. Sit eerder ligstrepies in as jy jou haarkleur wil verlig.

MOENIE jou hare te styf vasbind nie

As jy gereeld jou hare in ’n stywe poniestert of bolla vasmaak, kan jou haarlyn mettertyd hoër opskuif. Maar die eintlike skade van ’n stywe bolla of poniestert is dat die rekkie jou hare kan uitpluk wanneer jy dit uithaal. Dít saam met jou gewone haarverlies kan tot selfs dunner hare lei.

MOENIE te veel haarprodukte gebruik nie

Dis vir almal sleg, maar veral vir mense met dun hare. Oormatige produkte kan jou haarfollikels verstop en op lang termyn keer dat nuwe hare groei. Die onmiddelliker uitwerking daarvan is dat dit jou hare pap en olierig laat lyk, pleks van vol lewe en volume.

Lees: 10 wenke vir dikker hare

MOENIE op katoen slaap nie

Die vesels in ons katoenbeddegoed rem aan ons hare wanneer ons snags rondrol, wat nie net kroeserigheid kan veroorsaak nie, maar selfs die hare uit jou kop kan pluk. Sy- en satynkussingslope is baie beter opsies en sal help dat jy minder hare verloor wanneer jy slaap.

FOTO: iStock/CentralITAlliance

LEES OOK 

Is dit waar dat jou hare vinniger groei wanneer jy dit laat sny?

Haarkleurskakerings wat jou jonger sal laat lyk

Kan ’n syagtige kussingsloop werklik jou vel en hare verbeter?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skoonheidskopies: Nuut op die raak

Splinternuwe produkte wat jy móét hê!

Close