×
Skakel na Engels

Herskep Olivia Wilde se skoonheidsvoorkoms van die Academy Awards

Jy kan ook reg vir die rooi tapyt lyk soos Olivia Wilde by die 2016-Oscars met hierdie Revlon-produkte

 

recreate olivia wilde academy award look_afr&eng_1_erin

Olivia Wilde, Revlon se internasionale handelsmerkambassadeur, het verruklik gelyk in ’n Valentino-rok by die 88ste Academy Awards wat die afgelope Sondag gehou is. Die rok het die selebgrimeerkunstenaar Mélanie Inglessis en manikuris Chelsea King geïnspireer om ’n eteriese voorkoms te skep wat deur sagte, rokerige oë en perskekleurige ondertone versterk is

Revlon Suid-Afrika stel die volgende produkte voor om Olivia se rooitapytvoorkoms vas te vang:

GRIMERING

Grimeerkunstenaar: Mélanie Inglessis

 Inspirasie:

“Olivia se Valentino-rok is so dromerig! Toe ek haar daarin sien, het ek onmiddellik aan ’n sagte, eteriese voorkoms gedink, maar wou Olivia se koelheid inkorporeer. Ons het op ’n sagte perskeagtige en goue oog besluit met aardse tone om dit te definieer vir ’n algehele sagte, pragtige voorkoms,” sê Mélanie.

 

Gesig:

  • Berei die vel voor met Revlon ColorStay Makeup (aanbevole verkoopprys: R299).
  • Om die sagte kleur op die wange vas te vang, wend Revlon Powder Blush (aanbevole verkoopprys: R220) in Melon-Drama net op die appel van die wange aan om die voorkoms vars te hou.

  • Om die sagte, rokerige oë te skep, begin met Revlon ColorStay 16 Hour Eye Shadow Quad (aanbevole verkoopprys: R220) in Decadent, en vermeng ook kleure No 2 en No 4 oor die onderste deel van jou wimperlyn om diepte te skep en die rokerige afwerking te versterk.
  • Trek Revlon ColorStay Eyeliner (aanbevole verkoopprys: R199) in Black al langs die boonste wimperlyn in ’n sagte vlerkpatroon om die wimpers te komplementeer.
  • As die laaste afronding, borsel die wimpers met twee lae Revlon Ultimate All-In-One Mascara (aanbevole verkoopprys: R159) in Blackest Black.

Lippe:

  • Omlyn die lippe sagkens met Revlon ColorStay Lipliner (aanbevole verkoopprys: R179) in Nude en wend dan Revlon Ultra HD Lip Lacquer (RSP: R165) in Smoky Topaz aan vir die volmaakte neutrale lip om die voorkoms af te rond.

NAELS:

Manikuris: Chelsea King 

recreate olivia wilde academy award look_afr&eng_2_erin

Inspirasie:

“Vir Olivia het ek ’n fantastiese pienkerige neutrale kleur vir haar hande en voete gekies wat haar rok en veltoon perfek komplementeer. Ek het met die Revlon Gel-Envy Diamond Top Coat geëindig vir mooi glans en om dit langer te laat aanbly!”

  • Wend twee lae Revlon ColorStay Gel Envy (aanbevole verkoopprys: R119) in Bet On Love aan. Die naellak bevat ’n basislaag en kleur in een produk vir maklike aanwending.
  • Verseël die naellak met Revlon ColorStay Gel Envy Diamond Top Coat (aanbevole verkoopprys: R119) om ’n pragtige diamantglans aan die naels te verleen.

Foto’s van www.rex.com & www.dailycaller.com

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ultra-luukse grimeerkwaste vir die volmaakte voorkoms

Skep ’n vlekkelose voorkoms met hierdie bekroonde grimeerkwaste

Close