×
Skakel na Engels

Help KANSA en Le Creuset om lewens te red

10% van elke pienk Le Creuset-produk wat van nou tot Oktober verkoop word, sal aan KANSA geskenk word

Le Creuset, ‘n internasionale vervaardiger van kookware, het kragte saamgespan met die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) met die bekendstelling van hul pienk reeks. Die twee partye het ook ‘n veldtog saam geloods wat daarop gemik is om die publiek meer bewus te maak van kanker én in die proses lewens te red. Van 1 Mei 2012 tot 31 Oktober 2012 sal 10% van elke pienk produk wat verkoop word (in hul 16 winkels landswyd, in hul aanlyn-winkel én by handelaars), aan KANSA geskenk word.

 

“Ons is verskriklik opgewonde om saam met KANSA en Women’s Health te werk en ons sien uit na die publiek se positiewe reaksie op dié veldtog,” het Ben Paine, die besturende direkteur van Le Creuset Suid-Afrika, gesê. “Women’s Health is ‘n saak wat Le Creuset baie na aan die hart lê, en dís waarom om mense van kanker bewus wil maak deur ons pienk produkte te verkoop.”

 

“10% van alle pienk Le Creuset-produkte sal aan KANSA se veldtog Women’s Health geskenk word. Dié veldtog moedig vroue aan om in hul gesondheid te belê en om ‘n gesonde, gebalanseerde lewe te lei,” sê Sue Janse van Rensburg, die uitvoerende bestuurder van KANSA. (Sue het self kanker oorleef en is al 27 jaar in remissie.)

 

Le Creuset is wêreldwyd bekend vir hul reekse kookware asook steen- en keramiek-kombuisware van top-gehalte. Met hul nuwe pienk koekstaanders, skottels en selfs teestelle kan jy in styl onthaal én help om iemand se lewe te red.

 

Laai ’n pryslys van die pienk produkte hier af.

 

  • Vir meer inligting oor KANSA, besoek www.cansa.org.za of skakel KANSA se tolvrye nommer 0800 22 66 22, of e-pos info@cansa.org.za.
  • Vir meer inligting oor Le Creuset Suid-Afrika, stuur ’n e-pos na gill@lecreuset.co.za of besoek www.lecreusetshop.co.za of skakel 021 851 7178.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Brei-’n-ry-en-gly Liefdadigheidsprojek

Om te brei, is weer hoogmode te danke aan die skeppers van MeAMama-kraamdrag

Close