×
Skakel na Engels

Help jou tiener om verandering te hanteer

Wat jy sê en nie sê nie sal jou tiener help om veranderinge te hanteer

 

 

1. Verhoudingsveranderinge

 

<box with X in it> MOENIE te veel vrae oor hul liefdeslewe vra nie. Byt op jou tong. (Dis nou as jy reeds oor voorbehoeding gepraat het.) Hulle sal jou vertel wat hulle wil, wanneer hulle wil. Dis hul private wêreld en hul geleentheid om belangrike lesse op hul eie te leer.

 

<box with X in it> MOENIE hulle forseer of probeer om die rouproses te versnel as hulle sukkel met ’n verhouding wat beëindig is nie. Moenie verwag dat hulle gelukkiger moet wees as wat hulle is nie. Dinge sal beter raak. Moenie hul gevoelens wegpraat deur te noem dat hulle nog jonk is nie.

 

<Art: box with tick in it> MOET Moedig jou tiener aan om hom- of haarself te wees in die geselskap van die teenoorgestelde geslag, om getrou te bly aan wie hulle is. Dis veral belangrik as hy/sy sukkel met die feit dat hulle nog nie in ’n verhouding is nie.

 

 

 

2. Liggaamsveranderinge

 

<box with X in it> MOENIE aanmerkings maak oor hoe hulle lyk, hul borsmaat, stem, hare of vel nie. As hulle oor iets wil praat, sal hulle.

 

<Art: box with tick in it> MOET Bied hulp aan vir spesifieke behandelbare probleme, soos aknee. Vra of hulle graag ’n dermatoloog wil gaan sien, en praat oor gesonde koskeuses wat sal help.

 

 

 

3. Vriendskapsveranderinge

 

<Art: box with tick in it> MOET Moedig jou kind aan om te praat oor wat sy voel en nie net stil te bly nie. Opmerkings soos: “Dis dit nie werd nie”; of: “Mense is maar só” gaan nie help nie. Gee hulle hul stem terug; selfs al eindig die gesprek nie soos hulle dit wou hê nie, is dit in dié stadium belangrik vir hulle om dit te kan verwoord.

 

<Art: box with tick in it> MOET Fokus op hul vriende se positiewe eienskappe. Kritiek kan rebellie veroorsaak.

 

 

 

4. Skoolveranderinge

 

<Art: box with tick in it> MOET Onthou dat jou tiener min of meer volwasse is. Hulle is regtig in staat om dinge te hanteer.

 

<box with X in it> MOENIE ingetrek word by hul gekla en gesanik nie. Sê: “Ek hoor dat jy nie van skool of jou onderwyser hou nie. Ek het skool ook soms moeilik gevind.” Jy hoef nie ’n oplossing te vind of selfs met hulle saam te stem nie.

 

<Art: box with tick in it> MOET Moedig jou kind aan om hul eie passies te vind en om naskoolse aktiwiteite te doen waarvan hulle hou.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 maniere vir ouers om die bande met hul lewensmaats opnuut te smee

Het jy al ooit gevoel of jy met jou kinders pleks van jou man getroud is?

Close