×
Skakel na Engels

Help die Oasis Association om verstandelik gestremde mense te voed

Maak ’n verskil in die lewe van talle verstandelik gestremde mense deur ‘effens gebruikte’ boeke, ornamente en enige ander huishoudelike items te skenk

Dylan kan nie lees nie, maar jou ou boek sal hom van n warm ete voorsien.

Dylan is erg verstandelik gestrem, so hy sal nooit ’n boek kan lees nie. Maar hy gee nie eintlik om nie. Al waaroor hy omgee, is dat hy dikwels net een ete per dag kry – en dit is die gekookte ete wat hy by die Oasis-dagsentrum ontvang. Hy weet ook dat hy soveel beter voel as hy ’n vol maag het, want dan verdwyn daardie leë, seer gevoel.

Ons het almal goeie boeke wat ons nooit weer gaan lees nie. Deur net een boek aan Oasis te skenk, sal jy ons help om Dylan die voeding en warmte te gee wat hy so broodnodig het.

By die Oasis-dagsentrums gee ons byna ’n honderd kinders per dag kos. Hulle kry nie net voedsame maaltye nie, hulle kry ook ontwikkelingsorg. Hulle verstaan nie dat die Oasis Books & Bric-a-Brac-winkels in Pinelands en Claremont elke maand produkte wat aan hulle geskenk is, verkoop om twee dagsentrums en ses ander Oasis-sentrums te ondersteun nie, maar hulle geniet wel die liefde en warm ete wat hulle daagliks by Oasis kry.

Net soos wat jou boek vir Dylan ’n etekaartjie kan beteken, kan die ou vaas in jou kombuiskas sy buskaartjie wees! Enige huishoudelike items wat mense nie meer wil hê nie kan vir Dylan se sitplek in een van ons spesiaal aangepaste voertuie betaal.

 

Deel asseblief jou seëninge met Dylan en die ander mense met verstandelike gestremdhede in Oasis se sorg:

  • Laai jou donasie of ’n boek of huishoudelike item af by Oasis Recycling, hoek van Lee- en Lansdowne-straat, Claremont, tussen 08:30 en 16:00 Maandae tot Vrydae, of van 09:00 tot 13:00 op Saterdae.
  • Terwyl jy hier is, loer by ons winkel in en koop ’n “nuwe boek”! Of besoek die Pinelands-winkel by Mutual Park, West End-winkelsentrum, Jan Smuts-rylaan, Maandae tot Vrydae van 07:00 tot 16:00. Iemand anders se vaas is dalk net die dekor-item waarna jy op soek was!

 

Vir meer inligting, besoek www.oasis.org.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Waarom groen groente so goed is vir jou

Vind uit hoekom dit so belangrik is dat jy ál jou groente eet voordat jy mag nagereg kry

Close