×
Skakel na Engels

Helder kopies om jou winterklerekas op te kikker

Vrolik jou klerekas op met ’n groot dosis kleur, van sappige skelkleure tot pastelskakerings, in die nuutste silhoeëtte

Monochrome kleur

Om van kop tot toon dieselfde kleur te dra skep ’n tre ende, byderwetse voorkoms. Kyk hoe jou uitrusting in natuurlike lig lyk om seker te maak jou skakerings pas perfek bymekaar.

shot 2

BLOES: R275, Queenspark

BAADJIE: R829 en BROEK: R629, albei van Zara

OORBELLE: R169, Accessorize

HEUPSAKKIE: R350, Lulu Belle

SKOENE: R759, Zara

Sportsjiek

Dra wit tekkies by jou kleurryke uitrusting om dit in ’n japtrap moderner te laat lyk. 

shot 1

HEMP: R299, Tally Weijl

TRUI: R275, Queenspark

ROMP: R899, Forever New

HANDSAK: R559, Zara

SLEUTELHOUER: R115, Colette by Colette Hayman

TEKKIES: R449, Cotton On

Reg vir werk

Sluit jou bril by die kleurrevolusie in deur een met ’n helder raam te kies.

shot 3

BLOES: R495, A-List

BROEK: R999, Topshop by Edgars

BRIL: R1 790, Vogue by Luxottica

OORBELLE: R149, Forever New

HANDSAK: R699, Luella by Foschini

SKOENE: R179, Cotton On

’n Wenkombinasie

Moenie bang wees om helder kleure bymekaar te dra nie – kies eenvoudig twee skakerings wat mekaar, asook jou veltoon, volkome komplementeer. Kies kledingstukke in byderwetse snitte en style, soos hierdie midi-plooiromp en ’n bloes met ’n vleiende strik wat jou middel beklemtoon, maar jou maag verbloem.

shot 4

BLOES: R550, A-List

ROMP: R480, Second Time Around

OORBELLE: R99,50, Colette by Colette Hayman

ENKELSTEWELS: R1 999, Mimco by Woolworths

Dra ’n belt

Hierdie seisoen is jou middel die fokuspunt! Skaf ’n breë belt aan om enige uitrusting ekstra oemf te gee.

shot 5

TOP: R629, Zara

BROEK: R220, River Island by Edgars

OORBELLE: R115, Colette by Colette Hayman

BELT: R360, Second Time Around

Netjies en nommerpas

Jy hoef nie by vaal, neutrale kleure te hou wanneer dit by getailleerde klere kom nie! Hierdie botterblomgeel bloes met driekwartmoue en die deftige vlootblou broek skep ’n gesofistikeerde kleurkombinasie.

shot 6

BLOES (ONDERAAN) MET STRIKBAND: R529, Forever 21.

BLOES MET DRIEKWART-MOUE: R375, Queenspark

BROEK: R999, Forever New

OORBELLE: R115, Colette by Colette Hayman

SKOENE: R599, Madison

O-so-vroulik

’n Slooprok is altyd in die mode. Kies hierdie seisoen een in ’n treffende effekleur en dra dit saam met plathakpuntskoene en ’n skouerhandsak in ’n kontrasterende kleur.

shot 7

ROK: R629, Zara

HANDSAK: R599, Forever 21

SLEUTELRING: R249, Nila Anthony by Superbalist

ARMBAND: R180, Pichulik

SKOENE: R2 990, Clarks

Romantiese valle

Pastel- en helder kleure werk goed saam. As jou top valle het, hou die res van jou uitrusting eenvoudig met regaf lyne soos dié modieuse culotte.

shot 8

TOP: R629, H&M

BROEK: R929, Topshop by Edgars

OORBELLE: R179, Forever New

SKOENE: R1 299, Aldo

LEES OOK:

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

10 modewenke om jou jonger te help lyk

Daar is ’n groot verskil tussen mode en styl

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Mode-kopie: Die wit hemp

Moet nooit die impak van ’n kraakvars wit hemp onderskat nie! Beskou dit as ’n leë skilderdoek en herskep jou...

Close