×

Heerlike krokette met ’n unieke plaaslike kinkel

Vul enige maaltyd aan met GWK Nature’s Farms se plaaslik verkrygde, heilsame reeks produkte
zola nene

GWK Nature’s Farms se natuurlik verkrygde produkte is die ideale keuse van bestanddele om jou geregte daardie heilsame, plaasvars smaak te gee. Die handelsmerk roem hom op sy hoëgehalteprodukte wat van plaaslike plase verkry word. Sy heerlike nuwe reeks mieliemeel, meel en pasta wat onlangs onder die GWK Nature’s Farms-handelsmerk bekendgestel is, bevat dieselfde heilsaamheid in elke happie. Zola Nene, resident-sjef van SABC 3 se oggendprogram Expresso en skrywer van die kookboek Simply Delicious, deel haar gunsteling-resep waarin sy GWK Nature’s Farms se nuwe Super White-mieliemeel gebruik, en gee die gewone “aartappel”-krokette ’n unieke Suid-Afrikaanse kinkel: pap-en-kaaskrokette met tamatiesmoor.

gwk farms maize

“Ek het die eerste keer geleer krokette maak in my tweede jaar op sjefskool toe ek die geleentheid gekry het om by Le Quartier Français in Franschhoek te werk,” sê Zola. “ ’n Paar jaar gelede ná ’n familiebraai het ek pap oorgehad en begin dink wat ek daarmee kan doen. Ek het ’n bietjie kaas bygevoeg, dit in balletjies gevorm en gebraai. Dit was ’n treffer en ek het nog nooit teruggekyk nie. Ek pas dit aan deur verskillende kase te gebruik – soms bloukaas, soms gerookte kaas en selfs fetakaas – maar die basiese resep bly dieselfde.” Dis so maklik om te maak en regtig gewild onder alle kosliefhebbers wat graag nuwe dinge probeer. Die gebruik van GWK Nature’s Farms White-mieliemeel sorg vir ’n heerlike smaak en geur in die resep, met ’n uniek Suid-Afrikaanse kinkel.

Hier is Zola se resep:

 

Pap-en-kaaskrokette met tamatiesmoor

Resep deur Zola Nene

Bestanddele

  • 4½ k water
  • 1 t sout
  • 2 e botter
  • 1½ k GWK Nature’s Farms Super White-mieliemeel
  • ½ k gerasperde parmesaankaas
  • 1 k gerasperde beleë cheddarkaas
  • 200 g mozzarella, in blokkies gesny
  • 1 k GWK Nature’s Farms-koekmeel
  • 2 eiers, geklits
  • 2 k broodkrummels
  • olie vir braai

 

Vir die tamatiesmoor:

  • 2 e olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 1 e gekapte vars tiemie
  • 1 t paprika (opsioneel)
  • 1 blik heel Italiaanse kersietamaties
  • 2 e suiker
  • ’n hand vol gekapte pietersielie
  • sout en peper

Metode

  1. Bring die water saam met die sout en botter in ’n kastrol tot kookpunt. Sprinkel die mieliemeel in terwyl jy met ’n houtlepel roer. Verlaag die hitte na laag. Bedek en laat kook vir sowat 25 minute. Roer elke vyf minute.
  2. Meng die parmesaan- en cheddarkaas by die pap in en sprei dit dan op ’n bakplaat uit om af te koel. Sodra dit koel genoeg is om te hanteer, vorm lepels vol van die pap met jou hande in plat sirkels. Plaas ’n blokkie mozzarella in die middel van elke sirkel en maak dit dan toe om ’n balletjie te vorm.
  3. Doop die krokette eers in die koekmeel, dan in die geklitste eier en laastens in die broodkrummels voordat jy dit in olie goudbruin braai. Dreineer op kombuispapier om oortollige olie te verwyder en sit met tamatiesmoor voor.

 

Maak die smoor:

  1. Verhit die olie en soteer die ui tot sag.
  2. Voeg die tiemie, paprika, tamaties en suiker by en druk dan op die tamaties om dit op te breek.
  3. Laat prut liggies totdat die sous verdik het en roer dan die pietersielie by en geur na smaak.

 

Zola se wenke:

  • Laat die pap altyd eers heeltemal afkoel voordat jy dit hanteer.
  • Om die krokette ’n ekstrabros lagie te gee, doop dit twee keer in die eiers en broodkrummels.
  • Om die krokette te verkoel nadat jy dit in die krummels gedoop het, sal help dat die krummels bly kleef terwyl jy dit braai.
  • Eet die krokette liefs vars, terwyl dit nog warm is – die tekstuur van die pap is net nie dieselfde wanneer dit eers afgekoel het nie.

Vir meer inligting besoek www.gwkfarms.co.za of hul Facebook page.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 maniere om blompatrone by die werk te dra

Moenie jou blombedrukte klere in jou kas wegsteek tot die volgende lente nie. Blompatrone is ideaal om by jou werkklerekas...

Close